Afslag op Motors : Hier's Lys met Vanne |
Publication | Beeld |
Date | 2001-07-02 |
Reporter | Erika Gibson |
Web Link | www.news24.co.za |
Die weermag wou nie Maandag "bespiegel"
oor die name van senior bestuurslui wat moontlik op die lys van dertig amptenare
is wat na bewering voorkeurmotortransaksies weens hul betrokkenheid by die
wapenpakkette van R43 miljard sou gekry het nie.
Volgens maj. Louis Kirstein, woordvoerder van die
weermag, het hy meer besonderhede as net die vanne op die lys nodig om te kan
bevestig of hulle inderdaad aan die weermag verbonde is.
The Star het Maandag dié lys
gepubliseer waarvolgens van die mense "buitensporige" afslag sou kry
op motors aangekoop deur European Aeronautic Defence and Space (EADS).
Mnr. Michael Woerfel, besturende direkteur van
EADS, was glo die bemiddelaar in die afslagaanbiedings.
Afgesien van die twee Mercedes-Benz (MB)-motors
van mnr. Tony Yengeni, hoofsweep van die ANC, wat hy en sy vrou op dié manier
sou kry, en genl. Siphiwe Nyanda, hoof van die weermag, wat ook twee motors só
aangekoop het, verskyn die volgende vanne:
Msomi (onderskeidelik 'n MB en 'n Colt-bakkie)
Sexwale (Chrysler Voyager)
Kunene (mnr. Zoli Kunene van die
Kunene-groep van maatskappye - twee MB's en 'n Colt-bakkie)
Swan (mnr. Llew Swan, voormalige
uitvoerende hoofbeampte van Krygkor)
Pillay (mnr. Vanan Pillay van die
departement van handel en nywerheid en betrokke by die onderhandelinge oor die
teenhandeltransaksies)
Ncumani (MB ML270CDI)
Erasmus (MB C240A)
Woerfel (4 MB-voertuie vir onbekende kopers)
Ngema (Honda Ballade 150)
Tulwana (MB C180M)
Foster (MB ML270)
Kavidi (me. Wivine Ndlandu Kavidi, vrou van
die voormalige Zaïrese eerste minister, mnr. N'Guza Karl-I-Bond en vriendin van
Yengeni)
Young (MB CL500A)
Beukes (onderskeidelik 'n MB E240A en 'n MB
C240A)
Smit (MB C200KA)
Verwey (MB C180A)
Pretorius (MB C270 CDI A)
Nqose (MB C240A)
Macquebela (MB
S500A)
With
acknowledgement to Erika Gibson and Beeld.