Publication: Beeld Issued: Date: 2001-05-16 Reporter: Cobus Grobler Editor:

Holomisa sę in 2de Brief Hy wil Meer Weet oor Wapens


Publication  Beeld
Date 2001-05-16
Reporter Cobus Grobler
Web Link www.news24.co.za

Kaapstad. - Dr. Frene Ginwala, speaker van die nasionale vergadering, moet alle inligting en dokumente oor die hele wapenpakket van R43,8 miljard aan hom bekend maak, het genl. Bantu Holomisa  (LP), UDM-leier, Woensdag in 'n ope brief gevra.

Hy het gereageer op Ginwala se versoek aan die nasionale vergadering om sy eerste ope brief te ondersoek.

Dit bevat bewerings van "pligsversuim, doelbewuste obstruksie van die parlementęre proses en onbehoorlike beïnvloeding van die uitvoerende proses".

"U het reeds aangedui dat my brief lasterlik is. In die lig van u opmerkings in die parlement vra ek u alle dokumentasie wat my in staat sal stel om my vir my verdediging voor te berei, in die geval van enige regsaksie wat uit die brief mag voortvloei.

"U het die gewigtigheid van die vraagstukke in my brief verstaan, maar het 'n eie kleur daaraan gegee wat beslis regsgevolge sal hę waarvoor ek my gereed moet maak.

"Die dokumente wat u opgestel het, notules van vergaderings soos dié van Skoor (staande komitee vir openbare rekenings), die kabinet en die ondersoekspanne, betrokke korrespondensie, regsmenings, persverklarings en ander toevallige materiaal."

Hy vra ook 'n gids of handleiding wat aandui hoe die wetgewer, die uitvoerende gesag en die geregtelike afdeling as onafhanklike onderdele van Suid-Afrika se demokratiese stelsel werk.

"Dit moet ook verduidelik hoe besluite van die parlement aan die uitvoerende gesag oorgedra word en hoe dit gehanteer word.

"My brief het meer kwelvrae bevat as waarop u selektief gereageer het . . .

"Later sal ek ook toegang wil hę om alle betrokke dokumente van die departement van verdediging oor die wapentransaksie in u besit na te gaan. Ek sien uit na u spoedige reaksie," het Holomisa geskryf.

With acknowledgment to Sapa and News24.