Krygkor gee Aandag aan dié Versoek |
Publication | Rapport |
Date | 2002-03-12 |
Reporter | Bertus Cilliers Bestuurder: Korporatiewe Kommunikasie Armscor |
Web Link | www.news24.co.za |
Bertus Celliers, Bestuurder: Korporatiewe kommunikasie, Krygkor, skryf:
Ek verwys na mnr. Andries Cornelissen se berig "Wapenfirma dagvaar om inligting te kry" (Rapport, 3 Maart).
Art. 87 subartikels (1) (a) en (b) van die wet verleen 'n tydperk van negentig dae om versoeke om toegang tot dokumente te oorweeg binne twaalf maande nadat die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting (wet no. 2 van 2000) in werking getree het. Die datum waarop die betrokke wet in werking getree het, is 9 Maart 2001.
Die stelling van dr. Richard Young dat Krygkor om negentig dae uitstel gevra het, is in terme van die bepalings van wet no. 2 van 2000 dus nie korrek nie.
Dr. Young se stelling wek die indruk by die publiek dat Krygkor vir tyd speel en nie ernstig is om aan die bepalings van die wet te voldoen nie. Krygkor bevestig dat sodanige indruk geensins met die feitlike situasie strook nie en dat dr. Young se aansoek in terme van die bepalings van die betrokke wet die nodige aandag geniet.
Met erkenning aan Bertus Celliers en Rapport