Skoor sę 'Skuus |
Publication | Beeld |
Date | 2001-05-17 |
Reporter | Christi van der Westhuizen en Liezel de Lange |
Web Link | www.news24.co.za |
Kaapstad. Die ANC-lede van die
staande komitee vir open bare rekenings (Skoor) het klaarblyklik geswig voor die
druk van die uitvoerende gesag oor die komitee se hantering van die ondersoek na
die wapenpakket-debakel.
Die ANC-lede van Skoor teken in
'n konsepverslag verskoning aan teenoor die uitvoerende gesag en kritiseer nie
wat kommentators beskou as regstreekse inmenging en intimidasie van Skoor deur
die uitvoerende gesag nie.
Me. Patricia de Lille van die
PAC het ook gister bevestig dat sy konstitusionele hof toe wil gaan oor pres.
Thabo Mbeki se besluit om die Heath-eenheid uit te sluit van die ondersoek na
korrupsie in die wapenpakket van R43,8 miljard.
Volgens De Lille het die
uitvoerende gesag se hantering van die ondersoek die land in 'n `grondwetlike
krisis'' gedompel deurdat die uitvoerende gesag die ANC se meerderheid in die
parlement misbruik. Sy het ook gister vir die eerste keer twee mense genoem met
wie sy inligting oor beweerde ongerymdhede in die toekening van die
wapenkontrakte uitgeruil het.
Hulle is prof. Themba Sono, DA-LPW
in Gauteng, en dr. Richard Young van die wapenfirma CCII Systems in Kaapstad.
Young beoog ook 'n hofsaak teen die regering.
Die ANC-lede van Skoor was
gister nie bereid om 'n ``minderheidsverslag'' van die opposisiepartye in te
sluit by Skoor se tweede verslag oor die wapenpakket-debakel nie. Skoor moet 'n
tweede verslag aan die nasionale vergadering voorlę oor die verloop van sake
sedert dié komitee in November verlede jaar 'n ondersoek na die wapenpakket
aanbeveel het.
In die verslag moet Skoor sy
standpunt stel oor die uitsluiting van die Heath-eenheid uit die ondersoek en
die aanvalle van adj.pres. Jacob Zuma en vier kabinetsministers op Skoor.
Die ANC het 'n konsepverslag opgestel wat die IVP, die DA en die UDM gister verwerp het. Die ANC meen egter sy verslag moet as Skoor se verslag beskou word omdat die komitee ``gedrewe is deur die
meerderheidstandpunt'' soos
vervat in die ANC-verslag, het mnr. Thabang Makwetla, voorsitter van die ANC-koukus,
gesę.
Voordat dié standpunt in gister
se Skoor-vergadering gestel is, was die ANC se verklaarde posisie dat hy die
opposisiepartye se standpunte sal insluit in sy verslag ``indien hulle die ANC
daarvan kan oortuig''.
Die ANC sę in sy verslag dat
Skoor ``nooit bedoel het om die uitvoerende gesag van oneerlikheid of korrupsie
te beskuldig nie. As dit so lyk, word dit betreur''.
Volgens die ANC het dr. Gavin
Woods, Skoor-voorsitter, sy versoek aan Mbeki vir die betrokkenheid van die
Heath-eenheid gedoen sonder die insae van die res van die Skoor-lede. Die ANC
steun ook min. Trevor Manuel se standpunt dat die wapenpakket R30,3 miljard kos
en nie die markaangepaste R43,8 miljard nie.
Die PAC wil met die hofsaak die
regering se verantwoordbaarheid en deursigtigheid toets, het De Lille gesę. Die
hofsaak kan uitsluitsel gee oor wat die status van die kontrakte is indien
korrupsie bewys word.
Young het gister gesę CCII Systems is eers deur die Suid-Afrikaanse vloot ge¨dentifiseer as die voorkeurverskaffer van die inligtingsbestuurstelsels vir die nuwe Duitse korvette, maar toe is die kontrak toegeken aan die maatskappy Detexis wat glo bande het met staatsamptenare.
Met erkenning aan Christi van der Westhuizen, Liezel de Lange, Die Beeld en News24.