Publication: Beeld Issued: Date: 2001-08-08 Reporter: Erika Gibson Editor:

Toutrekkery Dreig om Verhoor te laat Ontspoor


Publication  Beeld
Date 2001-08-08
Reporter Erika Gibson
Web Link www.news24.co.za

 

 
'n Toutrekkery tussen prokureurs en een van die getuies voor die openbare verhoor oor die R43`miljard se wapentransaksies oor die bekendmaking van geklassifiseerde inligting dreig om die laaste gedeelte van die verhoor te laat ontspoor.

Dr. Richard Young van CCII Systems, 'n maatskappy wat 'n kontrak vir die verskaffing van 'n bestuursinligtingstelsel vir die vier korvette bestem vir Suid Afrika verloor het aan 'n ander verskaffer, het gister gese" hy het 'n prokureursbrief ontvang waarin hy ingelig word dat hy bepalings van die Verdedigingswet en die Krygkorwet sal oortree as hy sekere inligting by die verhoor volgende week bekendmaak.

Hy het ook die toestemming van Krygkor en die ministerie van verdediging nodig alvorens hy inligting oor die korvetkontrakte in die openbaar gaan verskaf.

Young is aanvanklik deur die vloot as voorkeurverskaffer aangewys, alvorens 'n risiko ontleding deur African Defence Systems (ADS) wat deur die Franse ThomsonZCSF besit word, daartoe gelei het dat CCII die kontrak ''verloor'' het.

'n Ander sustersmaatskappy van Thomson CSF het uiteindelik die kontrak van honderde miljoene rande bekom.

Volgens Young is hy amptelik deur die Openbare Beskermer (OB) se kantoor versoek dat hy voor die openbare verhoor moet getuig die eerste ''onafhanklike'' getuie buite die aanskaffingspanne van Krygkor en die weermag om te verskyn.

Later is hy deur die OB se kantoor versoek om kopiee van sy getuienis vooraf beskikbaar te stel, sodat van die partye wat moontlik daarin geimpliseer word, daarvan in kennis gestel kan word.

Young het geweier om dit te doen, wat na verneem word tot ''hernieude senuweeagtigheid'' gelei het onder sekere ander betrokkenes omdat hulle glo bang is dat die openbaarmaking van sy inligting tot nog omstredenheid kan lei.

Young het tussen R100 en R200 miljoen verloor weens die kontrak se verlies. Hy wag vir die afhandeling van die wapenondersoek alvorens hy 'n eis teen die departement van verdediging gaan instel.

Volgens hom het hy gister die prokureursbrief van ADS se prokureurs ontvang waarin hy in kennis gestel is dat sekere dokumentasie in sy besit vertroulik ingevolge die twee wette is.

''Ek gaan nie getuig as ek my aan vervolging gaan blootstel nie. Terselfdertyd beskou ek dit as onregverdig dat ek my getuienis vooraf moet inhandig, terwyl dit van geeneen van die ander getuies voor die verhoor verwag is nie.''

Me. Nicolette Teichmann, woordvoerder vir die OB, het in reaksie gese"sover dit die ondersoekspanne van die OB, die ouditeurgeneraal se kantoor en die nasionale vervolgingsgesag betref, sal Young volgende week getuig.

Hy sal na verwagting ook die laaste getuie wees alvorens die verhore tot 'n einde kom, alhoewel Teichmann dit nie kon bevestig nie.

Met erkenning aan Erika Gibson en die Beeld.