Publication: Rapport Issued: Date: 2002-03-17 Reporter: Eugene Gunning Editor:

Ongure Manne het De Lille Agtervolg

 

Publication  Rapport
Date 2002-03-17
Reporter Eugene Gunning
Web Link www.news24.co.za

 

Mense met ``donker brille'' het me. Patricia de Lille, vuurvreter-politikus van die PAC, en ander rolspelers in die ontbloting van die omstrede wapenskandaal glo dopgehou en agtervolg en hulle vermoed dit was die nasionale intelligensiedienste, word in 'n boek oor haar lewe onthul.

Luidens die biografie, Patricia de Lille, wat aanstaande week verskyn, is ook dr. Gavin Woods, voormalige voorsitter van die parlementLre staande komitee oor openbare rekeninge, en mnr. Andrew Feinstein, voormalige ANC-LP, agtervolg en dopgehou. Dié drie was aan die spits van kritiese vrae wat oor die transaksie gevra is.

Daar word ook vertel hoe die druk van die wapenondersoek Woods se gesondheid benadeel het. Gesprekke in De Lille, Woods en Feinstein se motors en kantore is glo ook afgeluister.

Me. Charlene Smith, wat die boek saam met De Lille geskryf het, sL in een voorval het 'n persoonlike assistent, mnr. Avril Harding, 'n informant in 'n restaurant ontmoet. Mense met ``donker brille'' het naby hulle gesit en probeer luister wat hulle sL. Toe Harding en sy kind die tafel verlaat, het van die mense hulle agtervolg.

Smith sL die boek gee 'n nuwe perspektief op die wapentransaksie en dit laat nuwe vrae ontstaan, maar dit gaan grootliks oor De Lille se lewe en sy gee ook 'n toekomsperspektief. Verskeie mense, onder wie oudpres. Nelson Mandela, het bydraes gelewer.

Smith sL Mandela spreek in sy bydrae waardering uit vir De Lille se rol as opposisiepolitikus. Hy sL sy is van die rare politici van wie jy kan sL jy hou ongeag aan watter party sy behoort. Hy bestempel haar as een van die karakters van die parlement en vergelyk haar met me. Helen Suzman.

Hulle kom wel uit verskillende politieke agtergronde en oortuigings, maar De Lille verteenwoordig nogal dieselfde styl as Suzman albei sal onthou word as vreesloos en reguit.

Hulle het nooit toegelaat dat die grootte van die meerderheidsparty of die manlike geslag hulle intimideer nie. Dis in dié gees dat sy demokrasie versterk, aldus Mandela.

De Lille sL sy het trane in haar oë gekry toe sy Mandela se bydrae lees. Die boek gaan ook oor mense wat haar lewenspad gekruis het.

``Dis nie 'n politieke boek nie. Dit gaan haal my lewensverhaal ver. Van my pa, Henry Lindt, tot die huidige situasie.''

With acknowledgements to Eugene Gunning and Rapport.