Publication: Die Burger Issued: Date: 2001-08-31 Reporter: Neels Jackson Editor:

Getuienis Betwyfel in Wapensaak

 

Publication  Die Burger
Date 2001-08-31
Reporter Neels Jackson

 

PRETORIA. Die getuienis van dr. Richard Young voor die ondersoek na die regering se R43 miljard-wapentransaksie is gister deur 'n hoë vlootoffisier bestempel as ``niks meer as 'n poging om kommersiële voordeel te trek nie''.

Young, direkteur van die Kaapse onderneming CCII, het Dinsdag en Woensdag aangevoer hy is onregmatig benadeel toe sy onderneming nie die kontrak gekry het om databusse vir die vloot se vier korvette te verskaf nie.

Skout-adml. (jr. graad) Jonny Kamerman, direkteur van korvetverkryging, het gister met uitvoerige getuienis begin om dié aansprake te weerlę.

Nadat hy 'n paar keer gesę het dat Young sekere inligting nie verstaan het nie of ge-ignoreer het, het adv. Selby Baqwa, voorsitter van die verhoorpaneel, hom gevra hoe dit moontlik is aangesien Young so 'n intelligente man is.

Kamerman het gesę hy wil vir 'n oomblik sy vlootoffisiershoed afhaal en toe gesę hy glo geen woord daarvan (dat Young die proses nie verstaan het nie).

Young wou net finansiële voordeel uit die proses probeer maak.

As hy sy vlootoffisiershoed terugplaas, verstaan hy nie Young se optrede nie.

In sy getuienis het Kamerman uitvoerig aangedui dat die vloot in geen stadium aan Young die onderneming gegee het dat CCII die kontrak vir die databusse sou kry nie.

Hy het onder meer aangedui dat Young gebie het vir die kontrak in 'n stadium waarop hy nou beweer hy reeds deur die vloot as die gekose kontrakteer aangewys is.

Hoewel verskeie ander ondernemings in dieselfde posisie as Young s'n was, het nie een van hulle dieselfde aansprake of beskuldigings gemaak nie, omdat hulle verstaan het dat die vloot geen onderneming teenoor hulle gedoen het nie.

Young en sy regsverteenwoordiger het die verhoor verlaat voordat Kamerman met sy getuienis begin het, omdat hulle nie vandag daar kan wees nie en daarom nie kruisondervraging sal kan doen nie.

Baqwa het deur 'n woordvoerder gesę dié optrede kan gesien word as lafhartig.

Young het 'n lang monoloog gevoer, maar die oomblik toe daar sterk argumente teen hom kom, loop hy uit.

Young het vooraf insae in Kamerman se getuienis gehad en geweet wat kom, maar is nie bereid om dit te weerlę nie.

Met erkenning aan Die Burger en Neels Jackson.