Publication: Rapport Issued: Date: 2001-04-22 Reporter: Editor:

Shaik Betrokke by Talle Staatskontrakte

 

Publication  Rapport
Date 2001-04-22

 

Mnr. Schabir Shaik, Durbanse sakeman met noue bande met die ANC, is 'n direkteur van meer as twintig maatskappye waarvan sommiges hoogs aantreklike staatskontrakte losgeslaan het. Hy is onder meer voorsitter van Prodiba, wat saam met Thomson-CSF bedryf word. Die maatskappy het in 1998 die kontrak van R273 miljoen gekry om die land se nuwe kaartrybewyse te vervaardig.

Shaik het ook 'n belang in Cell C. Hy is voorts direkteur van N3 Toll Concession, die maatskappy wat tolpaaie ontwikkel.

Sy maatskappy het ook verlede jaar 'n kontrak van R37 miljoen gekry vir die sensus wat Statistiek SA later vanjaar gaan doen.

Hy is betrokke by planne om die Koning Shaka-lughawe noord van Durban te bou.

Een van sy maatskappye, Nkobi Holdings, het die kontrak om vir die Pietermaritzburgse stadsraad 'n wildtuin teen R25 miljoen buite die stad te ontwikkel.

Shaik het voorts 'n belang in die verskaffing van mediese toerusting aan die Albert Luthuli- akademiese hospitaal in Cato Manor.

Ook in toerismeprojekte in Kosibaai wat deel is van 'n projek van die Suid-Afrikaanse, Mosambiekse en Swazilandse regerings.

With acknowledgement to Rapport.