Publication: Rapport Issued: Date: 2002-12-15 Reporter: Andries Cornelissen Editor:

Geldspoor Weg; Wapen-ondersoek Erg Benadeel

 

Publication  Rapport
Date 2002-12-15

Reporter

Andries Cornelissen

Web Link

http://www.naspers.com/cgi/nph-bwcgis/RAPPORT/rapport/alg/storie/DDW?W%3DTEKS%20PH%20WORDS%20%27zuma%27%20AND%20DATUM%20%3D%20%272002-12-15%27%26M%3D1%26K%3D427823%26R%3DY%26U%3D1

 

Die geldspoor by 'n sleutelrolspeler in die omstrede wapentransaksie kan nie gevolg word nie omdat Futuristic Business Solutions (FBS) se boeke onvolledig is of nie opgespoor kan word nie.

Dit benadeel die ondersoek ``ernstig'', is aan Rapport gesê.

`` 'n Vergeetagtige en verstrooide'' sekretaresse weet ook nie wat sy met 'n dagvaarding vir haar baas gedoen het nie en daarom het hy nie opgedaag vir ondervraging deur die Skerpioene nie.

Dít is die gevolg van die onskuldigbevinding van mnr. Ian Pierce van FBS op aanklagte dat hy nie dokumente aan die Skerpioene gegee het nie en 'n dagvaarding ge¨gnoreer het om ondervra te word.

Landdros David Makhoba het in die gespesialiseerde handelsmisdaadhof in Pretoria beslis dat die staat geen prima facie-saak teen Pierce uitgemaak het nie.

FBS het 'n aandeel in ADS en Thomson-CSF (nou Thales) gekoop met lenings van Thomson-CSF. Al dié maatskappye is betrokke by kontrakte vir die korvette wat gekoop word as deel van die wapentransaksie.

'n Sentrale rolspeler in dié maatskappye is mnr. Schabir Shaik, wat adj.pres. Jacob "Zumavolgende trefwoord" se persoonlike finansies hanteer en die broer is van mnr. Chippy Shaik, hoofaankoper van die weermag tydens die wapentransaksie.

In Pierce se verhoor het 'n sekretaresse van sy rekenmeestersmaatskappy getuig dat die Skerpioene se dagvaarding vir Pierce aan haar oorhandig is.

Sy het dit aan Pierce se sekretaresse gegee, maar dié het getuig dat sy vir hom oor die telefoon daarvan gesê het, maar nie kan onthou wat daarvan geword het nie.

Die staat kon geen getuienis aanvoer dat Pierce wel die dagvaarding gekry het nie.

Die groot- en kasboeke van FBS vir September 1996, toe die maatskappy gestig is, tot einde Februarie 1998 kon ná twee weke se soek nie opgespoor word nie. Omdat FBS 'n verouderde rekenaarprogram gebruik het, is daar ook nie voldoende inligting vir ander tydperke om vas te stel waarheen geld gegaan het, hoekom dit daarheen is en waarvoor dit gebruik is nie.

Die Skerpioene ondersoek bewerings dat Shaik en vorige trefwoord"Zumavolgende trefwoord" jaarliks R500 000 omkoopgeld van Thomson-CSF wou hê om hom te beskerm in die wapenondersoek.

Deel van dié ondersoek is om te bepaal of vorige trefwoord"Zuma" nie dalk 'n weggesteekte belang in FBS of ADS het nie.

With acknowledgement to Andries Cornelissen and Rapport.