Sakeman Eis Alle Weergawes van Omstrede Wapenverslag |
Publication | Die Burger |
Date | 2003-05-22 |
Reporter |
Anesca Smith |
Web Link |
'n Kaapse sakeman wat glo daar is aansienlik gepeuter aan die verslag oor die ondersoek na die omstrede wapentransaksie voordat dit die parlement bereik het, het die ouditeur-generaal (OG) gister sowat twee weke gegee om alle voorlopige weergawes van die verslag aan hom te oorhandig.
Die hooggeregshof het in November verlede jaar gelas dat die OG, mnr. Shauket Fakie, die dokumente aan dr. RichardYoung oorhandig.
Young meen die bod van sy maatskappy, CCII, vir van die wapenkontrakte, het misluk weens onreëlmatighede in die toekenning van die kontrakte.
Volgens Young is slegs 98 bladsye van die voorlopige verslae en 653 (bladsye van) ander relevante dokumente aan hom oorhandig terwyl tienduisende (bladsye van)ander dokumente nog uitstaande is.
Hy beoog regstappe teen die OG as hy nie binnekort die res van die dokumente oorhandig nie.
Die OG, die openbare beskermer en die nasionale direktoraat van openbare vervolging was verantwoordelik vir die ondersoek na die wapens.
Uit die dokumente wat reeds in sy besit is, blyk dat belangrike inligting wat in die voorlopige dokumente was, uit die finale verslag verwyder is, het Young gesę.
Hieronder tel geskenke wat deur kernfigure in die wapenaankopery ontvang is, sowel as ``onwaarhede'' wat deur verdedigingsamptenare aan die staande komitee oor openbare rekeninge (Skoor) voorgelę is.
Intussen het die DA gister in 'n mosie in die Nasionale Vergadering 'n debat oor die kwessie gevra.
Die DA-LP me. Raenette Taljaard het gesę Young se saak het aan die lig gebring dat die wapenverslag aansienlik geredigeer is gedurende oorlegpleging tussen die OG en die uitvoerende raad.
``Die Huis is wysgemaak dat geen belangrike wysigings aan die verslag gedoen is nie.
``Die OG het by verskeie geleenthede verklaar dat bloot styl- en tekstuele veranderings aangebring is.''
Taljaard het ook adj.pres. Jacob Zuma uitgedaag om te verklaar of en watter veranderings die kabinet voorgestel het aan die OG in die samestelling van die finale verslag.
Zuma het gesę hy weet van geen veranderings wat aangebring is nie.
Die UDM het gevra dat 'n kommissie aangestel word om die wapentransaksie te ondersoek.
Met erkenning aan Anesca Smith en Die Burger.