Publication: Rapport Issued: Date: 2003-05-25 Reporter: Pieter Malan

Skokke in Wapenverslae 'Skandaal' Weer in Kollig oor 'Wanvoorstellings'

 

Publication 

Rapport

Date 2003-05-25

Reporter

Pieter Malan

Web Link

www.naspers.com

 

Dié konsepverslag vorm deel van dokumente wat die ouditeur-generaal (OG), mnr. Shauket Fakie, aan die wapenverskaffer dr. Richard Young beskikbaar gestel het kragtens 'n hofbevel wat Young verlede jaar teen Fakie verkry het om kopieë van al sy konsep- en voorlopige verslae aan hom te oorhandig.

Young het die Wet op die Openbaarmaking van Inligting gebruik om dokumente te verkry wat hy nodig het om die regering te dagvaar weens beweerde korrupsie in die toekenning van wapenkontrakte.

Hoewel Young volhou Fakie minag steeds die hofbevel omdat hy nog nie al die weergawes en afdelings van al die voorlopige verslae oorhandig het nie, het die dokumente wat wel beskikbaar geword het reeds van die skeptici se ergste vermoedens oor die wapentransaksie bevestig.

Van die teenstrydighede en onreëlmatighede wat in die jongste dokumente uitgewys word, sluit in

Vroeër weergawes van die OG se verslag het aansienlik nader besonderhede oor beweerde misstappe bevat as die verslag wat uiteindelik aan die parlement voorgelę is. Opposisiepartye voer aan dat hierdie veranderings ``op aandrang van die president en senior kabinetslede'' aangebring is.

Die voormalige hoof van wapenaankope, mnr. Shamin ``Chippy'' Shaik, het hom nie verskoon van vergaderings waar die moontlike aankope bespreek is van 'n maatskappy waarin sy broer Schabir 'n aandeel gehad het nie. Ondersoekers sę die notules van elf vergaderings toon dat Chippy Shaik nooit die vergaderings verlaat het soos wat hy aan Skoor (die parlementęre staande komitee oor openbare rekeninge) voorgehou het nie. By vier geleenthede het hy wel sy botsing van belange verklaar, in twee gevalle het hy van sy amp as voorsitter van die vergadering afstand gedoen (maar steeds op die vergadering aangebly) en by drie geleenthede het hy selfs aan die bespreking deelgeneem.

Die bande tussen die maatskappy African Defence Systems (ADS) en die Franse maatskappy Thomson International strek veel verder terug as wat die departement van verdediging aan Skoor voorgehou het. Die verwantskap is van wesenlike belang omdat Schabir Shaik 'n aandeel in ADS het en Thomson een van die wapenkontrakte gekry het.

Die voorlegging aan Skoor dat die vloot nooit die inligtingsbestuurstelsel van CCII (die maatskappy wat aan Young behoort) sou verkies het nie, is verkeerd. ``Dit is die mening van die ondersoekspan dat die CCII-stelsel die voorkeur-databasis van die vloot was, minstens tot 'n tydstip.''

Die jongste inligting heropen opnuut die hele wapenkwessie en fokus ook die aandag op die rol van die kabinet, wat die OG be¨nvloed het om sy konsepverslag so te plooi dat die finale verslag die regering die minste pyn moontlik veroorsaak het.

Mnr. Brian Bell, DA-lid van Skoor, het Vrydag gesę hy is ``teleurgesteld'' in die wyse waarop Fakie toegelaat het dat die president en senior ministers hom intimideer om sy verslag te verander soos dit hulle pas. ``Ons weet dat hy met die president vergader het om die verslae te bespreek ons het selfs datums van daardie vergaderings.''

Die twisvraag is of die artikel van die OG-wet wat Fakie toelaat om sy verslae met die kabinet te bespreek voordat dit in die parlement ter tafel gelę word grondwetlik is.

Bell sę die konsepverslae toon ook duidelik dat Fakie en die res van die ondersoekers wel goeie werk gedoen het in hul ondersoek na die wapentransaksie, maar dat die parlement nie die resultaat van al die ondersoekwerk te siene gekry het nie. Hy het nou gevra dat die saak weer deur Skoor in oënskou geneem word.

Young sę Fakie het tot dusver net 94 bladsye van 'n moontlike 700 of 800 bladsye van konsepverslae aan hom oorhandig. Hy sę die OG het tot nou toe volgehou dat die veranderings aan die finale verslag ``slegs kosmeties'' was.

``Soos ons nou kan sien, is dit duidelik nie die geval nie. Hoe 'n mens ook al daarna kyk, Fakie het na die uitvoerende gesag se pype gedans.''

Chippy Shaik, wat nou self in die beskuldigdebank staan omdat hy, volgens die opposisie, die parlement ``mislei'' het in sy voorleggings, het gister gesę die OG se verslag meld bloot ``onakkuraathede'' in die departement se voorlegging aan Skoor.

Hy sę die inligting oor Thomson se aandeelhouding in ADS is van Thomson self verkry en hy of sy departement kan nie daarvoor geblameer word nie. Shaik hou vol dat sy voorlegging andersins juis was en sę dat hy nie in enige stadium sy broer bevoordeel het nie.

``Ingevolge wetgewing het ek geen botsende belange gehad nie. Ek het nie aandele in enige maatskappy wat 'n kontrak gekry het nie. Daar was wel die moontlikheid van bevoordeling (weens my broer se betrokkenheid), maar dit het ek verklaar selfs nadat senior Krygkor-personeellede aan my gesę het dis nie eens nodig nie omdat niemand dit ooit doen nie.''

Fakie was in Europa en het nie op 'n lys skriftelike vrae wat Rapport aan sy kantoor gestuur het, gereageer nie. Sy woordvoerder, mnr. Peet Grundlingh, sę Fakie het egter aangedui dat daar ``allerlei sensasionele gissings'' in die media aan die gang is ``wat ge¨gnoreer behoort te word''.

Hy sę die bewerings het ``geen inhoud nie''.

Met erkenning aan Pieter Malan en Rapport.