Publication: Rapport Issued: Date: 2003-04-13 Reporter: Pieter Malan

'Wapen-Dokumente' te Sensitief

 

Publication 

Rapport

Date 2003-04-13

Reporter

Pieter Malan

 

Die pogings van 'n nie-regeringsorganisasie om te bewys dat die omstrede wapentransaksie nie in die beste belang van die land is nie, het die afgelope week voor nóg 'n hindernis te staan gekom toe die departement van finansies aangedui het dat dokumente oor die wapentransaksie té sensitief is vir die oë van Jan en alleman.

Die departement het die afgelope week die drukgroep Ecaar (Economists Allied for Arms Reduction) laat weet hulle is net bereid om dokumente wat die bekostigbaarheid van die transaksie uiteensit aan die groep se regspan te wys en dat die dokumente te sensitief is vir ander om te sien.

Mnr. Terry Crawford-Browne, voorsitter van Ecaar, sê hy meen die weiering van die departement om die dokumente sonder enige voorwaardes beskikbaar te stel, is teenstrydig met 'n hofbevel wat verlede maand in die Kaapse hooggeregshof toegestaan is waarin die departement beveel word om die dokumente te oorhandig.

Hy sê Ecaar gaan die departement nou vir minagting van die hof dagvaar.

``Die beskikbaarstelling van die dokumente is 'n beginselsaak by ons. Ons glo nie net dat die wapentransaksie onwettig en nie in die beste belang van Suid-Afrika is nie.

``Ons glo ook dat alle Suid-Afrikaners die reg het om te sien wat in die dokumente staan. Daarom gaan ons stappe doen.''

Die departement van finansies se onwilligheid om hom streng by die hooggeregshof se beslissing te hou, volg op die ouditeur-generaal (OG) se pogings vroeër om ook dokumente rakende die omstrede transaksie uit die openbare oog te hou.

'n Kaapse ingenieur en sakeman, dr. Richard Young, wie se maatskappy, CI Systems, nie daarin geslaag het om 'n kontrak van R150 miljoen in te palm om 'n elektroniese krygbeheerstelsel aan die vloot te verskaf nie, het die OG verlede jaar gedwing om dokumente rakende die ondersoek wat deur die OG se kantoor ná beweerde ongerymdhede in die transaksie gedoen is, aan hom te oorhandig.

Young se hofaansoek was suksesvol, maar die OG het toe aangedui dat hy appèl wil aanteken.

Die OG het uiteindelik verlede maand aan Young laat weet dat hy die dokumente kan kry.

[but we still haven't got one single document yet]

With acknowledgement to Pieter Malan and Rapport.