Publication: Rapport Issued: Date: 2003-06-01 Reporter: Pieter Malan

'Vissers van Korruptes' Gekap

 

Publication 

Rapport

Date 2003-06-01

Reporter

Pieter Malan

Pres. Thabo Mbeki se striemende aanval die afgelope week op kritici van die wapentransaksie bevat 'n paar onjuisthede oor die aard van die regering se verhoudings met maatskappye wat van die subkontrakte vir die bou van die vloot se nuwe fregatte gekry het.

Mbeki se aanval, een van die ergstes nog op kritici van die omstrede transaksie van R60 miljard, beskuldig koerante en joernaliste wat oor die wapenskandaal berig van rassisme en sę hulle doen hul bes om Afrika en sy leiers as korrup te stereotipeer.

Hy noem hierdie joernaliste ``die vissers van korruptes'' en sę niks veral nie die waarheid sal in hul pad staan in hul poging om hul liefling-teorieë te bewys nie.

``In die huidige visvangekspedisie word die ouditeur-generaal geteiken as een van die moontlike groot visse wat hulle graag wil vang.''

Hy sę as deel van die veldtog word die OG daarvan beskuldig dat hy sy finale verslag verander het op aandrang van senior lede van die regering.

``Hulle sę egter niks nie van die feit dat die wet van die OG vereis om sy voorlopige verslae aan enigiemand wat hy besig is om te oudit te wys vir kommentaar en dat hy vry is om sulke kommentaar te aanvaar of te verwerp.''

'n Herlees van die OG se verslag toon egter dat dele van Mbeki se tirade in ANC Today veral waar hy dit het oor die regering se verhouding met subkontrakteurs nie steek hou nie.

Die OG-verslag maak dit duidelik dat die departement van verdediging 'n regstreekse rol gespeel het in die toekenning van die subkontrakte.

Luidens die verslag het die gesamentlike projekspan van die departement 'n lys van hul eie voorkeur-subkontrakteurs aan die Duitse Fregat-konsortium (DFK) oorhandig.

Hoewel in die verslag bevind is dat hierdie lys ``nie noodwendig beteken het dat hulle die kontrak moes kry nie'', is dit ook duidelik dat die konsortium die departement op die hoogte gehou het van wie hulle as subkontrakteurs gekies het, wat die prys was en waar die prys te hoog was,

het die departement 'n vetoreg gehad. Die groot mate waarin die DFK self aspekte van die toekenning van die subkontrakte kon beheer, word in die verslag gekritiseer, waar die OG op bladsy 340 van sy verslag skryf ``kontrakte van sowat R2,6 miljard is toegeken sonder dat normale Krykor- en staatstenderraadprosedures gevolg is''.

In sy konsepverslag wat verlede week vir die eerste keer uitgereik is is mnr. Shauket Fakie (die OG) nog meer uitgesproke in sy kritiek en sę dat die risiko hiervan duidelik is.

Hy sę die feit dat African Defence Systems (ADS) deel geword het van die hoofkontrakteur (GFC) en terselfdertyd toegelaat is om vir die subkontrakte te tender, het 'n botsing van belange tot gevolg gehad en dit was dus ``nie die beste aanskaffingspraktyk nie''. Die rede waarom die omstandighede van die toekenning van die subkontrakte vir die fregat-konstruksie so belangrik is vir Mbeki en in die OG se ondersoek is dat dit aan die hart lę van 'n siviele eis wat die elektroniese ingenieur dr. Richard Young van die Kaapse maatskappy CCII Systems teen die regering wil instel.

In sy rubriek in ANC Today verwys Mbeki nooit na Young by name nie, maar na die ``jintelman-litigeerder''.

Young beweer dat een van die subkontrakte, vir die voorsiening van 'n inligtingbeheerstelsel, onregmatig aan die Franse maatskappy Thomson CSF toegeken is. Young se eis berus daarop dat Thomson 'n onregmatige voordeel gehad het omdat Thomson 'n aandeel het in ADS ('n Suid-Afrikaanse maatskappy en lid van die Duitse konsortium).

Mnr. Schabir Shaik, broer van die regering se hoofwapenaankoper, mnr. Shamin ``Chippy'' Shaik, is ook 'n aandeelhouer in Thomson en Chippy Shaik het hom nooit verskoon van vergaderings waar besluite oor die kontrak geneem is nie.

Mbeki skryf in ANC Today dat die regering geen kontrakte met die subkontrakteurs van die DFK het nie. ``So het die regering ook nooit die geleentheid gehad om vas te stel wie die vennote in die GFC is of moet wees nie, insluitend Thomson.''

Maar boaan bladsy 343 van die OG se verslag staan: ``(Hoewel) dit dus nie duidelik is waar en deur wie die besluit geneem is om die kontrak (vir die inligtingsbeheerstelsel aan Thomson en) nie aan CCII Systems toe te ken nie, is dit egter duidelik dat so 'n besluit wel geneem is en dat dit, oor die algemeen gesproke, deur die staat geneem is.''

Mbeki skryf egter: ``Die stelling dat die regering die besluit om Thomson te kies be¨nvloed het . . . is sowel 'n blatante valsheid as 'n absurditeit wat deur die vissers (van regeringskorruptes) saamgeflans word.''

Met erkenning aan Pieter Malan en Rapport.