Publication: The Natal Witness Issued: Date: 2003-02-18 Reporter: Philda Essop

Yengeni Moes van Korrupsie Aangekla Word, sę de Lille

 

Publication  Die Burger
Date 2003-02-18

Reporter

Philda Essop

 

Me. Patricia de Lille, PAC-LP voel deels dit is geregverdig dat Tony Yengeni, voormalige ANC-hoofsweep, skuldig bevind is aan bedrog. Sy is egter jammer dat hy nie weens korrupsie vervolg is nie.

De Lille het in September 1999 die parlement se aandag gevestig op die betrokkenheid van senior ANC-lede by onreëlmatighede by die land se wapenaankope.

Yengeni is verlede week in die Pretoriase handelshof skuldig bevind aan bedrog, nadat hy skuld beken het. Hy word aanstaande maand gevonnis.

de Lille het gister aan Die Burger gesę die ooreekoms wat die Skerpioene met Yengeni aangegaan het, stel 'n slegte voorbeeld vir ander parlementslede.

``Hy het twee jaar gewag om met die waarheid vorendag te kom. Dit is weer eens 'n bewys dat daar 'n gebrek aan morele leierskap in die ANC is. Ek het groot respek vir die land se regstelsel, maar dit lyk asof hulle 'n ooreenkoms aangegaan het waarvolgens die ernstiger klagte van korrupsie laat vaar is vir een van bedrog wat nie so swaar weeg nie.

``Dis jammer dat daar nie 'n hofsaak was nie. Dit stel 'n slegte voorbeeld vir ander wat nog hul optrede moet verduidelik soos adjunkpres. Jacob Zuma en mnr. Mac Maharaj, voormalige minister van vervoer.''

De Lille het gesę uitlatings deur haar dat sy uit die politiek gaan tree, is in 'n ``woedebui'' gedoen. ``Ek was Vrydag só kwaad toe ek weer gesien het wat die gevolge van vigs op ma's, kinders en oumas is. Ek het skielik begin wonder of dit die moeite werd is om nog 'n parlementslid te wees. Dit is in dié konteks dat ek gesę het ek wil uit die politiek tree.

``Parlementslede doen nie genoeg nie. Ons moet baie meer doen as om net rooi linte te dra en so nou en dan 'n kers aan te steek.

``Ek sal dit oorweeg om uit die politiek te tree as ek daarbuite 'n groter rol kan speel. Die lewe is belangriker as die politiek. Ek het nog geen finale besluit geneem nie. Dit is egter sulke gevoelens wat tot my finale besluit sal bydra,'' het De Lille gesę.

With acknowledgements to Philda Essop en Die Burger.