Publication: Die Burger Issued: Date: 2003-09-03 Reporter: Cobus Grobler

Lêer Oor Adjunkleier by Ginwala

 

Publication 

Die Burger

Date 2003-09-03

Reporter

Cobus Grobler

Web Link

www.news24.com/Die_Burger

 

Kaapstad - 'n Dik lêer met verskeie dokumente oor adj.pres. Jacob Zuma, ook leier van regeringsake in die parlement, word deur dié instelling nagegaan voordat dit na die komitee oor etiek en ledebelange verwys sal word.

Mnr. Lunga Ngqengelele, parlementêre woordvoerder, het bevestig dat dr. Frene Ginwala, speaker van die Nasionale Vergadering, die dokumente van die Skerpioene ontvang het.

Die parlement sal dan deur die komitee 'n formele ondersoek moet doen om te bepaal of Zuma die etiese kode vir LP's verbreek het deurdat hy nie al sy belange en skenkings verklaar het nie.

Dit volg op bewerings dat daar bewyse is dat Zuma moontlik onregstreekse voordele uit die wapentransaksie van miljarde rande kon ontvang het.

Hy sal nie in hierdie stadium vervolg word nie.

Na verwagting kan Ginwala vandag 'n verklaring daaroor doen.

Met erkenning aan Cobus Grobler en Die Burger.