Publication: Beeld Issued: Date: 2003-07-01 Reporter: Erika Gibson

Wapenverskaffer het Regering 'Ingelig Oor Alle Raadgewers'

 

Publication 

Beeld

Date 2003-07-01

Reporter

Erika Gibson

Web Link

www.news24.co.za

 

BAE Systems sê hy handhaaf die hoogste etiese standaarde in sy transaksies wêreldwyd.

Konsultante of raadgewers word vergoed vir werklike werk gedoen teen neergelegde tariewe vir hul onderskeie professionele dissiplines of kundigheid.

Dié wapenverskaffer het gereageer nadat die Britse regering Maandag erken het dat daar waarskynlik miljarde rande aan kommissie oorbetaal is in die transaksie om Hawk-vegopleidingsvliegtuie aan die Suid-Afrikaanse lugmag te verkoop.

Luidens 'n verklaring was dit nodig om dié groeperings of mense se dienste in Suid-Afrika as "nuwe" mark vir BAE Systems te gebruik.

Die Suid-Afrikaanse owerheid is deurgaans ingelig oor die onderskeie "agente" wat deur die verskaffer gebruik is - soos vereis word deur Suid-Afrikaanse regulasies. Dié raadgewers was veral nodig ná 1994, waar nuwe regulerende liggame tot stand gekom het.

"Die gebruik van raadgewers word streng deur die Suid-Afrikaanse en die Britse regerings beheer. Soos alle wapenverskaffers word BAE Systems hiertoe verbind."

Luidens die verklaring het die verskaffer deurentyd volledige terugvoer aan die Suid-Afrikaanse owerheid gegee.

Dít sluit die name en ander besonderhede van al sy markraadgewers in. Dit is deel van BAE Systems se sakebenadering wêreldwyd om aan soveel moontlik van die tegniese en kommersiële vereistes van sy kliënte te voldoen.

Met erkenning aan Erika Gibson en die Beeld.