Publication: Die Burger Issued: Date: 2003-06-10 Reporter: Anesca Smith

DA en UDM Erg Skepties Oor Skoor-ondersoek na Wapens

 

Publication 

Die Burger

Date 2003-06-10

Reporter

Anesca Smith

Web Link

www.dieburger.co.za

 

Kaapstad. - Opposisiepartye het gister openlik hul bedenkinge uitgespreek oor die staande komitee oor openbare rekeninge (Skoor) se voorgenome ondersoek na bewerings dat die wapenverslag gedokter is voordat dit die parlement bereik het.

Dr. Frene Ginwala, speaker in die Nasionale Vergadering, het gister amptelik die kwessie na Skoor verwys.

‘n Hewige twis het verlede week tussen die ANC en die DA ontstaan oor hoe bewerings gehanteer moet word dat belangrike bevindings uit die finale wapenverslag gelaat is.

Die DA het Skoor se voorgenome ondersoek as ‘n "ramp" beskryf. "Ons sal baie ontevrede wees as Skoor die ondersoek doen en beskou dit as ‘n toesmeerdery," het mnr. Douglas Gibson, die DA se hoofsweep, gesê. Die party meen ‘n ad hoc-komitee moet op die been gebring en die hele wapentransaksie opnuut ondersoek word.

Mnr. Bantu Holomisa, UDM-leier, het die Skoor-ondersoek as tydmors beskryf. Hy is nie oortuig dat enige parlementêre liggaam bevoegd is om ‘n ondersoek na die wapentransaksie te doen nie. "Dit moet eerder deur ‘n regterlike kommissie gedoen word."

Die NNP steun die Skoor-plan. "Die tyd het nou aangebreek dat die omstredenheid oor die wapens ter ruste gelê en duidelike antwoorde gegee word op die vrae wat steeds opduik," het mnr. Adriaan van Jaarsveld gesê.

Met erkenning aan Anesca Smith en Die Burger.