Publication: Die Burger Issued: Date: 2003-09-04 Reporter:

Parlement se Etiekkomitee Bekyk Zuma

 

Publication 

Die Burger

Date 2003-09-04

Web Link

www.news24.com/Die_Burger

 

Kaapstad - Die ondersoek na beweerde geskenke of ander voordele wat adj.pres. Jacob Zuma glo onregstreeks uit die wapentransaksie sou gekry het, gaan eersdaags deur die parlement se etiekkomitee gedoen word.

Dr. Frene Ginwala, speaker van die Nasionale Vergadering (NV), het gister teenoor Die Burger die eerste keer bevestig dat sy die dik lêer vol dokumente van die Skerpioene inderdaad ontvang het.

Ná die Skerpioene se ondersoek is beslis dat Zuma nie in dié stadium vervolg sal word nie, maar dat die kwessie na die parlement verwys word. Zuma is die mees senior politikus wie se sake die parlement nog moes ondersoek.

"Ek sal dit (die Zuma-lêer) binnekort na die komitee oor etiek en ledebelange verwys sodat die ondersoek kan begin. Ek sal in die NV 'n aankondiging daaroor doen," het Ginwala gesê.

Met erkenning aan Die Burger.