Ope Inligting? |
Publication | Die Burger |
Date | 2003-08-19 |
Web Link |
Hoe moet gewone Suid-Afrikaners voel nou dat mnr. Mac Maharaj uit die direksie van FirstRand bedank het?
Hulle behoort besorg te wees, al het FirstRand se ouditeure en prokureurs geen bewyse gevind dat Maharaj hom skuldig gemaak het aan korrupsie of omkopery tussen 1994 en 1998 tydens sy termyn as minister van vervoer nie.
Hier is die punt wat kommer wek: Die mees basiese vrae oor Maharaj se geldsake is steeds nie beantwoord nie. Hy kon byvoorbeeld nie eens rekenskap gee van twee deposito's van R100 000 wat in sy familietrust inbetaal is nie.
Een rede hoekom hierdie inligting nie aan die lig gebring kon word nie, is dat belangrike dele van die register waarin LP's hul private belange verklaar, onlangs vernietig is.
Die tyd het nou aangebreek om hierdie stelsel omvattend te hersien.
Die bateregister is in 1997 met goeie bedoelings begin, maar sedertdien is ernstige gebreke daarin blootgelę. Dink maar aan die uitgerekte parlementęre gestoei rondom Tony Yengeni se afslag-Mercedes en die ruim geskenke aan Winnie Madikizela-Mandela.
Daar is ook vrae oor die regskrag van die bateregister en praktiese probleme veral rondom die verklaring van bates wat aan LP's se naasbestaandes behoort.
Suid-Afrika is 'n samelewing wat steeds kommerwekkend gemaklik is met geheimhouding, 'n tradisie wat uit apartheid sowel as die stryd daarteen spruit.
Die beste vertrekpunt om 'n oop landsadministrasie te vestig, is om LP's wetlik te verplig om hul private belange volledig te verklaar - en om dan te sorg dat daardie registers behoue bly en toeganklik is vir die publiek wanneer die openbare belang dit vereis.
Die Maharaj-sage wys harde werk lę nog voor.
Met erkenning aan Die Burger.