Publication: Die Burger Issued: Date: 2003-06-27 Reporter:

President Verdraai Aanhalings - Leon

 

Publication 

Die Burger

Date 2003-06-27

Web Link

www.dieburger.co.za

 

Pretoria - Mnr. Tony Leon, DA-leier, het gister sy bewering dat pres. Thabo Mbeki die rassekaart teen sy kritici speel, uitgebrei en Mbeki daarvan beskuldig dat hy aanhalings verdraai om sy punt tuis te bring.

Leon skryf in die jongste uitgawe van die DA se weeklikse internetnuusbrief, SA Vandag, dat Mbeki verkies het om in sy antwoord die punt te maak dat die nalatenskap van apartheid nog lank sal voortleef, maar in die proses geen antwoord gehad het daarvoor dat hy die rassekaart speel as hy gekritiseer word nie.

Die DA-leier gee verskeie voorbeelde van dié beweerde gedrag deur die staatshoof.

Een hiervan is 'n mening van prof. Amanda Gouws van die departement politieke wetenskap aan die Universiteit van Stellenbosch, wat omvattend deur Mbeki aangehaal is.

Gouws is die afgelope naweek as volg in die media aangehaal oor die aanhaal van haar artikel: "Die president het dit geïnterpreteer in die konteks van wat hy in die parlement wou sê, naamlik om oor ras en rassisme te praat, maar ek het dit nooit so geskryf nie."

Met erkenning aan Die Burger.