Derde Man Vas Oor Kaping van Mbeki-Segsman |
Publication |
Die Burger |
Date | 2003-11-25 |
Reporter |
Christel Raubenheimer |
Web Link |
Johannesburg - Nóg 'n verdagte is Maandagaand in hegtenis geneem in verband met die kaping van mnr. Bheki Khumalo, woordvoerder van pres. Thabo Mbeki.
Die 27-jarige man is in Tembisa aan die Oos-Rand in 'n sjebien vasgetrek deur die Lyttelton-polisie, het insp. Anton Breedt, polisiewoordvoerder, gesê.
Hy sal na verwagting binnekort in die hof verskyn.
Twee ander verdagtes, Prince Diko en Xolile Shibambo, het vroeër vandeesmaand uit die Lyttelton-polisieselle ontsnap.
Diko het homself sowat twee weke gelede aan die polisie oorgegee en Shibambo is deur die polisie aangekeer.
Met erkenning aan Christel Raubenheimer en Die Burger.