Skerpioene-Hoof Bedank |
Publication | Die Burger |
Date | 2003-10-08 |
Reporter |
Ziegfried Ekron |
Web Link |
Kaapstad - Die Wes-Kaapse hoof van die Skerpioene ontruim einde vandeesmaand sy kantoor.
Adv. Tommy Prins het ná twee jaar in dié pos bedank. Hy het, na verneem word, werk in die private sektor aanvaar.
Die Skerpioene se nasionale hoof, adv. Leonard McCarthy, het gisteraand Prins se bedanking bevestig.
"Dit is vir ons uiteraard 'n groot verlies. Ons het reeds op 'n plegtigheid in Johannesburg van hom afskeid geneem."
Prins kon nie vir kommentaar bereik word nie, maar volgens McCarthy het hy 'n pos by die internasionale konsultantfirma Deloitte & Touche in Johannesburg aanvaar.
Met erkenning aan Ziegfried Ekron en Die Burger.