Publication: Die Burger Issued: Date: 2004-03-18 Reporter: Carel van Dyk

Vloot Neem Derde Korvet in Ontvangs

 

Publication 

Die Burger

Date 2004-03-18

Reporter

Carel van Dyk

Web Link

www.news24.com/Die_Burger/

 

Kaapstad - Suid-Afrika se derde korvet, SAS Spioenkop, wat verlede maand sy seetoetse ondergaan het, is aan die Suid-Afrikaanse Vloot oorhandig.

Luidens 'n verklaring van Duitse skeepswerf Blohm+Voss, wat diť skip in Hamburg gebou het, het die vloot die skip Maandag amptelik in ontvangs geneem.

Die bemanning sal vir die volgende paar weke aan boord van die Spioenkop noodprosedures saam met die Duitse vloot oefen.

Die ander twee korvette, SAS Amatola en SAS Isandlwana, het reeds in Simonstad aangekom waar Suid-Afrikaanse maatskappye en die vloot besig is om die vaartuie se wapenstelsels te installeer.

Die Spioenkop word in Mei in Simonstad verwag en die vierde korvet, SAS Mendi, word in Kiel gebou. Indien alles volgens plan verloop, sal die Mendi in September in Simonstad vasgemeer word.

Met erkenning aan Carel van Dyk en Die Burger.