Publication: Beeld Issued: Date: 2004-09-21 Reporter: Erika Gibson

Denel, EADS se Opvolger vir Ratel Oor 3 Jaar Gereed

 

Publication 

Beeld

Date 2004-09-21

Reporter

Erika Gibson

Web Link

www.news24.com

 

'n Voorsmakie van hoe die Suid-Afrikaanse ler se gevegsvoertuig van die toekoms gaan lyk, is een van die trekpleisters by die Africa Aerospace and Defence (AAD)-wapenskou wat Dinsdag in Centurion begin het.

Denel en die European Aeronautic Defence and Space Company (EADS) het vandeesweek di modulre gevegsvoertuig - kortweg die MCV genoem - bekendgestel.

Die MCV is gegrond op Denel se skiettoringkundigheid, sowel as sy vaardigheid met die ontwerp van militre voertuie die afgelope 40 jaar.

Denel span nou di kundigheid in saam met EADS s'n om 'n voertuig sonder weerga te ontwerp.

Die nuwe voertuie sal waarskynlik oor sowat drie jaar gereed wees. Krygkor het reeds versoeke om kwotasies aan vervaardigers plaaslik en oorsee gestuur. Di moet teen 24 Februarie volgende jaar ingelewer wees.

Die nuwe voertuig sal die Ratel, getroue strydros van die weermag sedert 1976, vervang. Die 1 200 Ratels sal na verwagting met 264 nuwe voertuie vervang word, terwyl die res f opgegradeer f verkoop sal word.

Die Ratel is in 'n groot mate te verouderd om vir veel langer aan te wend, het mnr. Helmoed Rmer-Heitman van Jane's Defence ges.

S word die oorspronklike ratte volgens hom nie eens meer vervaardig nie en is daar ook probleme met die vervanging van sommige ander komponente van die voertuie.

Die ler het gn nuwe toerusting gekry toe die res van die weermag onlangs miljarde rande se nuwe toerusting gekry het nie.

Dt terwyl hy reeds herhaaldelik gewaarsku het dat sy hooftoerusting teen 2010 uitgedien sal wees.

Die MCV is 'n agttrekvoertuig toegerus met 'n 30 mm-kannon en die mees moderne bevel-en-beheer-stelsels op die mark.

Met erkenning aan Erika Gibson en die Beeld.