Publication: Beeld Issued: Date: 2005-02-08 Reporter: Deon de Lange Reporter:

'ANC-Jeug Staan 100% Agter Zuma as President'

 

Publication 

Beeld

Date

2005-02-08

Reporter

Deon de Lange

Web Link

www.news24.com

 

Die volgende president van Suid-Afrika sal deur die ANC gekies word en niks kan dit verander nie.

Met dié woorde het mnr. Fikile Mbalula, president van die ANC-jeugliga (ANCYL), Dinsdag teruggekap teen kritiek oor sy organisasie se onvoorwaardelike steun vir adj.pres. Jacob Zuma om eendag vir pres. Thabo Mbeki as leier van die ANC en die land op te volg.

Hy het dié stellings Dinsdag tydens 'n emosie-belaaide toespraak aan studente van die Universiteit van die Witwatersrand in Johannesburg gemaak.

Dít kom ná me. Nosiviwe Mapisa-Nqakula, president van die ANC-vroueliga (ANCWL), die naweek gesê het die ANCYL "span die kar voor die perde" met sy steun vir Zuma.

Mbalula het gesê die ANCWL en ander kan die kandidaat van hul keuse ondersteun. "Dié van ons wat Zuma ken steun hom nie 80% of 90% nie, maar staan 100% agter hom."

Op die vraag of sy steun vir Zuma heroorweeg sou word indien Shaik - en by implikasie ook Zuma - in die Durbanse hooggeregshof skuldig bevind word aan korrupsie het Mbalula gesê dié kwessies hou glad nie verband met mekaar nie.

Mnr. Schabir Shaik, Zuma se finansiële raadgewer, staan in die Durbanse hooggeregshof tereg op twee aanklagtes van korrupsie en een van bedrog. Zuma word ten nouste betrek by die twee korrupsie-aanklagte en sy naam verskyn op bykans elke bladsy van die 45-bladsye Shaik-klagstaat.

Met erkenning aan Deon de Lange en die Beeld.