Ontwikkeling in Shaik-Verhoor 'Betekenisvol' |
Publication | Die Burger |
Date | 2004-10-11 |
Web Link |
Die terugrek van klagtes teen die wapenmaatskappy Thint aan die begin van die Schabir Shaik-verhoor, is betekenisvol, sê Thint se prokureur.
Kessie Naidoo sê die Staat wou sekere inligting van Thint bekom, en het aanklagte onvoorwaardelik teruggetrek nadat die inligting voorsien is.
'n Ooreenkoms is vroeër bereik, ingevolge waarvan aanklagte teen Thint laat vaar sou word in ruil vir 'n bevesting van die direkteur Alain Thetard dat hy wel die outeur was van 'n dokument wat omkopery impliseer.
Shaik is 'n indirekte aandeelhouer in Thint, wat voorheen as Thomson CSF bekend gestaan het. Na bewering het hy saamgesweer met Thint se moedermaatskappy in Frankryk om adjunk-president Jacob Zuma R500 000 per jaar te betaal in ruil vir beskerming teen 'n ondersoek na ongerymdhede.
Die saak teen Shaik is tot Woensdag uitgestel.
Hou Die Burger dop vir die volledige verslag.
Met erkenning aan Die Burger.