Publication: Beeld Issued: Date: 2004-10-14 Reporter: JanJan Joubert Reporter: Willem Jordaan

Dlamini-Zuma Eerste Keer Betrek

 

Publication 

Beeld

Date 2004-10-14

Reporter

Willem Jordaan, Jan-Jan Joubert

Web Link

www.news24.com

 

Dr. Nkosazana Dlamini-Zuma, minister van buitelandse sake, is Woensdag die eerste keer betrek by die aanklagte van bedrog en korrupsie teen mnr. Schabir Shaik, finansiële raadgewer van haar gewese man, adj.pres. Jacob Zuma.

Dlamini-Zuma word as 'n sterk aanspraakmaker gesien om pres. Thabo Mbeki op te volg indien Zuma dit nie kan doen nie.

Luidens 'n skedule van betalings wat Shaik glo aan en namens Zuma gedoen het, het hy drie keer betalings aan Dlamini- Zuma gedoen.

Op 25 Maart 1997 is R14 000 aan Dlamini-Zuma oorbetaal deur Chartley Investments, 'n maatskappy van Shaik.

Op 4 Junie 1998 is R1 000 aan haar betaal deur Kobitech, 'n ander maatskappy van Shaik; en:

Op 4 Junie 2001 het Shaik persoonlik 'n verdere R7 000 in Dlamini-Zuma se rekening inbetaal.

Geen rede word in die skedule gegee waarom die geld aan haar betaal is nie.

Mnr. Ronnie Mamoepa, Dlamini-Zuma se woordvoerder, wou nie kommentaar lewer nie.

"Die saak is sub judice en daarom kan ons geen kommentaar lewer nie."

Met erkenning aan Jan-Jan Joubert, Willem Jordaan en die Beeld.