Shaik Sou Vyande Elimineer |
Publication | Die Burger |
Date | 2004-10-20 |
Web Link |
Schabir Shaik het gedreig om sy vyande te "elimineer" volgens sy sekretaresse, Bianca Singh.
Singh maak dié stelling in 'n beëdigde verklaring wat sy in Julie 2001 aan die Skerpioene gegee het.
Die grootste gedeelte van die verklaring handel oor kwessies wat tydens Maandag se getuienis ter sprake gekom het.
Sy verduidelik ook hoe sy Shaik se maatskappy in November 2000 verlaat het na 'n "persoonlike voorval". Sy is toe gevra om 'n vertroulikheidsklousule te teken omdat sy "te veel geweet het" van die verhouding tussen Shaik en Jacob Zuma.
Singh sê verder dat sy bang is en dat sy glo dat daar rede is om Shaik te vrees. "Ek het hom hoor sê dat hy nie sal toelaat dat enige een sy empire afbreek nie, en dat hy diegene sou elimineer."
Die Staat het Singh se naam van die amptelike getuielys gehou en tot die laaste oomblik beskerm. Sy word vergesel deur twee lyfwagte van die Skerpioene.
Met erkenning aan Die Burger.