Publication: Volksblad Issued: Date: 2004-11-03 Reporter: Dries Liebenberg

'Geld vir Herstel van Paleis Gebruik'

 

Publication 

Volksblad

Date 2004-11-03

Reporter

Dries Liebenberg

Web Link

www.news24.com

 

Durban - Herstelwerk aan 'n koninklike paleis pleks van adj.pres. Jacob Zuma se R1,34 miljoen-ontwikkeling in Zoeloeland.

Dít is waarvoor die geld aangewend is wat die Franse wapenvervaardiger Thomson-CSF ingevolge 'n diensverskafferooreenkoms aan mnr. Schabir Shaik betaal het.

Mnr. Johan van der Walt van KPMG het gistermiddag hierdie toegewing gemaak aan die einde van sy eerste dag van strawwe kruisondervraging deur adv. Francois van Zyl, SC.

Shaik word onder meer daarvan aangekla dat hy adj.pres. Zuma omgekoop het om die Franse maatskappy in die wapenondersoek te beskerm, asook geldwassery.

Die staat het aangevoer dat die omkoopgeld vir die ontwikkeling van Zuma se tradisionele tuiste by Nkandla in Zoeloeland aangewend is.

Volgens die staat was die diensverskaffersooreenkoms tussen Shaik se Nkobi-groep en Thomson- CSF 'n rookskerm vir die omkoop geld.

In kruisondervraging het Van der Walt egter toegegee dat Thomson- CSF se R250 000 uiteindelik aangewend is vir meer as R320 000 se herstelwerk aan 'n koninklike paleis by Nongoma waar 'n gewese vrou van koning Goodwill Zwelithini, die Zoeloe-monarg, woon.

In sy forensiese verslag het Van der Walt tot die gevolgtrekking gekom dat Thomson-CSF se R250 000 en R250 000 van Shaik wat die sakeman in 2001 aan die trustfonds Development Africa betaal het, uiteindelik vir die Nkandla-ontwikkeling gebruik is.

Drie kwitansies vir herstelwerk by die Nongoma-paleis aan Development Africa het Van der Walt van mening laat verander.

Totdat die verdediging dié kwitwansies aan die hof voorgelê het, het Van der Walt gesê hy beskou dié betalings deur Development Africa as kontantbetalings wat vir die Nkandla-ontwikkeling aangewend kon gewees het.

As hy die kwitansies vroeër gesien het, sou hy 'n alternatiewe ge volgtrekking in sy verslag bygevoeg het dat Thomson-CSF se geld gebruik is om 'n deel van Zuma se < --> R1 miljoen-skuld aan Development Africa te delg, het Van der Walt toegegee.

Dié skuld spruit uit die R2 miljoen wat oudpres. Nelson Mandela in Oktober 2000 aan Zuma gegee het en bedoel was vir 'n onderwystrust en "steun aan tradisionele leiers" via Development Africa.

Shaik het R900 000 hiervan uit Zuma se bankrekening na Nkobi- maatskappye oorgeplaas sodat sy groep kop bo water kon hou.

Van der Walt het volgehou dat Zuma steeds voordeel getrek het uit Thomson-CSF se betaling omdat Development Africa andersins die politikus weens die skuld kon gedagvaar het.

Van Zyl het egter ná Van der Walt se toegewing voortgebeur: "Jy het die feite (in die forensiese oudit) in 'n voorafbepaalde patroon probeer inpas.

"Dit was skilder-volgens-nommers soos deur die nasionale vervolgingsgesag verskaf."

Van der Walt het dit ontken.

Met erkenning aan Dries Liebenberg en die Volksblad.