Publication: Beeld Issued: Date: 2004-10-08 Reporter: Dries Liebenberg

Gesiene Regsman Tree toe tot Shaik-Verhoor

 

Publication 

Beeld

Date 2004-10-08

Reporter

Dries Liebenberg

Web Link

www.news24.com

 

Durban - 'n Regsman wat ten nouste betrokke is by die vervolging van korrupte rolspelers in die Lesotho-hooglandwaterskema, is aangestel in die staat se regspan wat die verhoor hanteer oor die beweerde omkopery van adj.pres. Jacob Zuma.

Adv. Guido Penzhorn (SC), lid van die Durbanse balie, is verlede maand in die staat se gesiene regspan aangestel wat die verhoor van mnr. Schabir Shaik hanteer.

Shaik, finansiële raadgewer van Zuma, word onder meer daarvan aangekla dat hy gehelp het om Zuma om te koop in ruil vir die beskerming van 'n Franse verdedigingsmaatskappy in ondersoeke na Suid-Afrika se wapenaankope.

Die korrupsieverhore in Lesotho, waarby Penzhorn as aanklaer betrokke is, het reeds węreldwyd opslae gemaak.

Die uitvoerende hoof van die waterskema, Masupha Sole, is 57 jaar tronkstraf opgelę nadat hy daaraan skuldig bevind is dat hy R6 miljoen omkoopgeld ontvang het in ruil vir kontrakte.

Dit is die swaarste vonnis wat tot nog toe weens korrupsie in Suider-Afrika opgelę is.

Drie internasionale maatskappye is boetes van tussen R10 miljoen en R15 miljoen opgelę weens die omkopery, terwyl een van hulle vir drie jaar nie kontrakte mag kry wat deur die Węreldbank gefinansier word nie.

Met erkenning aan Dries Liebenberg en die Beeld.