Publication: Beeld Issued: Date: 2005-02-03 Reporter: Gert Coetzee Reporter:

ANC en Parlement Bedank Gevonniste Yengeni

 

Publication 

Beeld

Date

2005-02-03

Reporter

Gert Coetzee

Web Link

www.news24.com

 

Kaapstad. - Mnr. Tony Yengeni, gevonniste oudhoofsweep van die parlement, is deur "die ANC en die parlement" vir sy destydse bydrae tot en werk vir dié instellings vereer.

Yengeni, mnr. Max Sisulu en mnr. Nkosinathi Nhleko, ook albei gewese ANC-hoofswepe, het vandeesweek toekennings op 'n werksessie van die ANC-swepery en parlementêre voorsitters in Kaapstad gekry.

Mnr. Mbulelo Goniwe, huidige ANC-hoofsweep, het bevestig dat hulle vereer is. "Dit sou al vroeër gebeur het, maar hulle kon dit voorheen nie bywoon nie. Hulle is namens die ANC en die parlement vir hul werk en bydrae as hoofswepe vereer," het hy gesê.

Yengeni is in 2003 tot vier jaar tronkstraf gevonnis weens bedrog, maar is vry op borgtog hangende 'n appèlverhoor.

Sisulu, seun van wyle mnr. Walter en mev. Albertina Sisulu, ANC-voorlopers, is nou Sasol se hoofbestuurder.

Nhleko is nou een van drie voorsitters van die Nasionale Vergadering in die parlement.

Met erkenning aan Gert Coetzee en die Beeld.