Publication: Beeld Issued: Date: 2004-10-14 Reporter: Rajaa Azzakani

Hernuwing van Kontrak Veroordeel

 

Publication 

Beeld

Date 2004-10-14

Reporter

Rajaa Azzakani

Web Link

www.news24.com

 

"Die regering is veronderstel om vlekvry, verantwoordbaar en deursigtig te wees.

"Die feit dat hy bereid is om 'n kontrak met (mnr.) Schabir Shaik te hernieu terwyl daar aanklagte van korrupsie en bedrog oor sy kop hang, plaas dié elemente onder verdenking," het mnr. Vincent Gorge, die Onafhanklike Demokrate (OD) se woordvoerder oor vervoer, Donderdag gesê.

Gorge se kommentaar kom nadat Beeld berig het dat die departement van vervoer Prodiba, een van Shaik se maatskappye wat kaartrybewyse vervaardig, se kontrak vir nog vyf jaar verleng het - met nog R300 miljoen.

Die kontrak is in 1997 deur mnr. Mac Maharaj, destydse minister van vervoer, goedgekeur en het die druk van meer as 6,5 miljoen kaartrybewyse behels.

Dié kontrak beloop nou reeds R650 miljoen.

Gorge het gesê na aanleiding van die wapenskandaal en hofsaak waarin Shaik hom bevind, kon die regering die kontrak weer op tender uitgestuur het.

Die Demokratiese Alliansie (DA) het ook die verlenging van Prodiba se kontrak veroordeel.

Met erkenning aan Rajaa Azzakani en die Beeld.