Publication: Die Burger Issued: Date: 2004-11-08 Reporter: Reporter:

Shaik-Verhoor Raak Dalk Hi-Tech

 

Publication 

Die Burger

Date 2004-11-08

Web Link

www.news24.com

 

Die Staat het aansoek gedoen dat getuienis in die Shaik-verhoor uit Engeland per videoskakel aangehoor kan word.

Professor John Lennon van Glasgow is nie beskikbaar om na Suid-Afrika te reis voor die hof op 10 Desember verdaag nie.

Staatsaanklaer Billy Downer het Regter Hillary Squires gevra om Lennon toe te laat om op 23 en 24 November per video te getuig vanuit Glasgow, in die teenwoordigheid van 'n Suid-Afrikaanse diplomaat.

Volgens Downer sal die skakel sowat R36 000 kos en die hof sal relevante dokumente op 'n groot skerm kan sien. Dit sal steeds meer koste-effektief wees as om beamptes oorsee te stuur om sy getuienis af te neem.

Die Durbanse Hooggeregshof sal egter by die Universiteit van KwaZulu-Natal moet sit om van die nodige geriewe gebruik te kan maak.

Lennon se getuienis spruit uit die 1990's toe hy adj-pres. Jacob Zuma in sy destydse hoedanigheid gekontak het oor die moontlikheid van 'n toerismeskool in KwaZulu-Natal. Zuma het blykbaar aanbeveel dat Lennon Shaikh se besigheid moes oorweeg as 'n vennoot.

Met erkenning aan Die Burger.