Publication: Die Burger Issued: Date: 2005-03-10 Reporter:

Hoe Lank Ken Zuma en Shaik Mekaar dan?

 

Publication 

Die Burger

Date 2005-03-10

Reporter

Adriaan Basson

Web Link

www.news24.com

 

Langer as drie maande al probeer Schabir Shaik, adj.pres. Jacob Zuma se beursiedraer, die Durbanse hooggeregshof daarvan oortuig dat sy betalings aan "my opperhoof" slegs geld vir 'n goeie vriend in nood was.

Op 'n vraag van regter Hilary Squires verlede week oor hoe oud Zuma is, het Shaik paraat geantwoord: "Sewentig, U Edele."

Volgens die ANC se webwerf word Zuma in April 63 jaar oud. Squires het Shaik nie hieroor aangevat nie, maar Vryburger kan al sy antwoord hoor: "Wat is 'n paar jaar nou tussen ou vriende, U Edele."

Met erkenning aan Die Burger.