Shaik 'Wou Net Keer dat Zuma Hopeloos te Veel Betaal' |
Publication | Die Burger |
Date | 2004-10-19 |
Reporter |
Dries Liebenberg |
Web Link |
Durban - Mnr. Schabir Shaik se enigste betrokkenheid by adj.pres. Jacob Zuma se ontwikkeling by Nkandla in Zoeloeland was om te keer dat die politikus "hopeloos te veel betaal".
Só het adv. Franįois van Zyl SC, namens Shaik, gister in die Durbanse hooggeregshof aangevoer waar dié sakeman teregstaan op aanklagte dat hy onder meer vir Zuma omgekoop het.
Die staat beweer Shaik en die verdedigingsmaatskappy Thomson-CSF het met Zuma ooreengekom om die adjunkpresident te betaal in ruil vir sy beskerming in die wapenondersoek.
Daar word verder aangevoer dat Shaik, Zuma se voormalige finansiële raadgewer, na bewering gehelp het om die omkoopgeld te "was" en dit is uiteindelik gebruik om vir die R1,29 miljoen-ontwikkeling van Zuma se tuiste by Nkandla te betaal.
Van Zyl het dit aan Shaik se voormalige persoonlike assistent, me. Bianca Singh, gestel die sakeman sal getuig hy het slegs 'n bourekenaar aangesę om planne vir die ontwikkeling te staak.
Dit was volgens Van Zyl nadat Shaik die planne en die koste van R3,4 miljoen gesien het wat mnr. Jack Daya bereken het. Shaik het besef Zuma sal te veel vir die bouwerk betaal en het Daya aangesę om nie met die planne voort te gaan nie.
Zuma het later weens die ontwikkeling in die skuld beland nadat daar op R1,29 miljoen ooreengekom is.
Al wat sy weet, is dat sy gesien het Shaik het die argitek se planne, het Singh geantwoord.
Volgens haar het Shaik aan haar gesę hy gaan by die ontwikkeling betrokke raak
Met erkenning aan Dries Liebenberg en Die Burger.