Publication: Beeld Issued: Date: 2004-10-29 Reporter: Dries Liebenberg

Langdradige Getuienis Demp Dalk TV-, Radiolus

 

Publication 

Beeld

Date 2004-10-29

Reporter

Dries Liebenberg

Web Link

www.news24.com

 

Durban. - Dalk sal langdradige getuienis TV- en radiostasies ontmoedig om die korrupsieverhoor van mnr. Schabir Shaik uit te saai.

Só het adv. Billy Downer (SC), hoofaanklaer, Vrydag tong in die kies teenoor regter Hilary Squires opgemerk.

Dít het gekom nadat mnr. Johan van der Walt bykans 'n uur lank onder Downer se leiding in detail getuig het oor drie verskillende stelle van 'n aansoek deur die Nkobi-groep om 'n diensverskafferooreenkoms by die Franse wapenvervaardiger Thomson-CSF.

Die staat beweer dié ooreenkoms was 'n rookskerm om omkoopgeld aan adj.pres. Jacob Zuma te betaal.

In die loop van Van der Walt se getuienis het Downer die hof verskoning gevra dat dit so langdradig gaan.

"Dis nie saai nie. Daar's 'n hele klomp applikante wat die verrigtings wil uitsaai," het Squires droogweg geantwoord.

'n Aansoek deur onder meer e.tv en die SAUK om 'n klankbaan van die hofverrigtings op te neem, word Maandag aangehoor nadat 'n aansoek om TV-kameras in die hof toe te laat drie weke gelede misluk het.

"Dalk sal dít hulle afsit," was Downer se antwoord.

Met erkenning aan Dries Liebenberg en die Beeld.