Nie in die Beskuldigdebank |
Publication | Beeld |
Date | 2004-10-08 |
Reporter |
Gert Coetzee |
Web Link |
In-Diepte
Adj.pres. Jacob Zuma (62). Harde politikus. Uitgeslape debatteerder. Gewese Robbeneilander. Zoeloe-patriarg, wat in 'n stadium vier vroue gehad het.
Het in Zoeloeland en Durban grootgeword. Ná sy pa se vroeë dood was hy 'n beeswagtertjie. Nooit formeel skool gegaan nie.
Op die ouderdom van 17 het hy hom in 1959 by die ANC aangesluit en in 1962 'n aktiewe lid van Umkhonto we Sizwe geword. Het in 1987 ANC-intelligensiehoof, gebaseer in Lusaka, geword. In dié tyd het Moe Shaik aan hom gerapporteer.
Vir baie ANC-lede is hy die nommer-een-keuse as opvolger vir pres. Thabo Mbeki in 2007.
Zuma se naam verskyn op byna elkeen van die 45 bladsye van die klagstaat teen Schabir Shaik. Hy ontken dat hy ooit omkoopgeld in die staat se wapentransaksie ontvang het of dat hy mnr. Alain Thétard van die Franse wapenmaatskappy Thint op 11 Maart 2000 ontmoet het. Dié beweerde ontmoeting is kritiek vir die staat se saak.
Met erkenning aan Gert Coetzee en die Beeld.