Publication: Beeld Issued: Date: 2005-01-12 Reporter: Willem Jordaan Reporter:

ANC 'Nie Teen Ondersoek'

 

Publication 

Beeld

Date

2005-01-12

Reporter

Willem Jordaan

Web Link

www.news24.com

 

Kaapstad. - Die ANC sal geen beswaar hê teen 'n parlementêre ondersoek na wysigings aan die verslag van 'n voorlopige wapenondersoek deur die ouditeur-generaal (OG), mits dit blyk dat genoeg gronde vir só 'n ondersoek bestaan.

Só het mnr. Vincent Smith, ANC-LP wat die ANC in die staande komitee vir openbare rekeninge lei, Woensdag gesê. Hy het gereageer op 'n DA-verklaring waarluidens Smith toegegee het dat die OG, mnr. Shauket Fakie, die parlement 'n verduideliking skuld oor bewerings dat hy sy voorlopige wapenverslag onder politieke druk gewysig het.

Smith het ontken dat dit sy standpunt was. Volgens hom het hy in 'n radioprogram gesê dit is vanselfsprekend dat die OG aan die parlement verantwoordbaar is, en daarom kan die ANC nie beswaar hê teen 'n ondersoek nie.

Hy het benadruk dat daar eers vasgestel moet word of daar genoeg grond vir só 'n ondersoek bestaan.

Op die vraag of hy meen sulke gronde bestaan, het Smith gesê in die stadium "lyk dit nie so nie", maar het gesê 'n besluit kan slegs geneem word nadat alle inligting oorweeg is.

Met erkenning aan Willem Jordaan en die Beeld