Ondersoek Gevra na Wapenkontrak |
Publication | Beeld |
Date |
2005-01-10 |
Reporter |
Willem Jordaan |
Web Link |
Kaapstad. - 'n Amptelike versoek dat pres. Thabo Mbeki 'n kommissie van ondersoek aanstel na bewerings van ongerymdhede in die regering se wapenkontrak het die presidensie Maandag bereik.
Mnr. Eddie Trent, DA-woordvoerder oor openbare rekeninge, het in 'n verklaring gesę die versoek is per hand by die presidensie afgelewer.
Mbeki se woordvoerder, mnr. Bheki Khumalo, het verlede week gesę die president sal enige amptelike versoek oorweeg.
"Ernstige vrae hang oor die koppe van die ouditeur-generaal (OG) en die president ná berigte in die media," het Trent gesę. "Dié berigte, waarluidens die president en senior ministers glo potensiële verleenthede weens beweerde ongerymdhede en grondliggende foute uit die OG se voorlopige verslag verwyder het, is verdere bewys dat omstredenheid rakende die wapenkontrak nie gaan verdwyn nie."
Volgens Trent dui die mediaberigte daarop dat die OG gedwing is om bes te gee onder politieke druk van die regering en Mbeki.
In die berigte word ook beweer dat Mbeki self elke bewering van ongerymdhede in die wapenkontrak weerlę het. Indien dít waar is, sal dit volgens Trent beteken dat die geloofwaardigheid van die OG heeltemal vernietig is.
"Bowendien is regstreekse inmenging van die president in wat veronderstel was om 'n onafhanklike ondersoek te wees, 'n ernstige bewering waaroor daar dringend opgetree moet word.
"Slegs wanneer die verslae behoorlik en deursigtig ondersoek is deur 'n regterlike kommissie, sal die wolk van verdenking oor die OG se kop verwyder word."
Met erkenning aan Willem Jordaan en die Beeld.