Publication: Beeld Issued: Date: 2004-11-02 Reporter: Adriaan Basson Reporter: Alet Pretorius

Shaik in Pekel

 

Publication 

Beeld

Date 2004-11-02

Reporter

Adriaan Basson, Alet Pretorius

Web Link

www.news24.com

 

Durban. - Nóg twee strafregtelike klagte is Dinsdag teen mnr. Schabir Shaik aanhangig gemaak ná 'n onderonsie met 'n polisielid.

Die polisie het die Shaik-familie se swart BMW Dinsdagoggend toegang tot die Durbanse hooggeregshof se parkeerterrein geweier, waarop Shaik 'n wit polisielid van rassisme beskuldig het. Die Shaik-motor was tot Maandag elke dag van die verhoor voor die hof geparkeer - plek wat gereserveer is vir werknemers van die hof.

Dinsdag het polisielede egter geweier om die valboom op te lig en Shaik het uit die motor geklim. Hy het 'n wit polisielid vir 'n "rassis" uitgekryt.

"Die wit mense kan hier parkeer, maar ons swartmense kan nie, want ons is nie goed genoeg nie," het 'n ontstoke Shaik gesê.

Die Durbanse polisie het Dinsdagaand bevestig dat die polisielid klagte van intimidasie en crimen injuria (opsetlike aantasting van eer) teen Shaik ingedien het.

Met erkenning aan Adriaan Basson, Alet Pretorius en die Beeld.