'Ek is 'n Pionier!' - Schabir |
Publication | Beeld |
Date |
2005-03-09 |
Reporter |
Lood |
Web Link |
Lood se praaitjies
Lood sien mnr. Schabir Shaik sê hy was 'n "pionier van bemagtiging in Suid-Afrika".
A nee a. Daar was mos al baie mense voor hom van wie daar gesê is dat hulle hulself tot die ore toe probeer bemagtig het.
En die beste van hulle het nooit eens in die hof beland nie!
Dan sien Lood verder Shaik sê in sy getuienis in die korrupsiesaak teen hom hy het finansiële verslae onderteken sonder om dit te lees.
Met dié soort ding is hy natuurlik ook nie eerste nie. 'n Mens onthou mnr. Owen Horwood, minister van finansies, in mnr. John Vorster se regering.
Toe hy in die Inligtingskandaal moes pa staan vir tjeks wat wild en wakker en klaarblyklik buite die korrekte prosedures uitgereik is, was sy verskoning hy het nie gekyk wat die detail op die tjeks is toe hy dit geteken het nie.
Lood wil nie nou aan die gedagte dink nie dat Schabir en sy maters die struggle gevoer het net om te beland in die soort bestel waarteen hulle die struggle in die eerste plek gevoer het.
Met erkenning aan Lood en die Beeld.