Spanning Tussen Shaik en sy Regspan |
Publication | Beeld |
Date |
2005-02-23 |
Reporter |
Adriaan Basson |
Web Link |
Durban. - Spanning heers tussen mnr. Schabir Shaik en sy regspan.
Shaik het Woensdagoggend voor die begin van sy getuienis in die Durbanse hooggeregshof aan adv. François van Zyl, SC, sy regsverteenwoordiger, gesê dat hy "Reeves (Parsee) gewaarsku het".
Parsee is Shaik se prokureur.
Van Zyl het langs sy ontstelde kliënt gaan staan en lank met hom gepraat.
Nadat Van Zyl teruggestap het na sy sitplek langs Parsee, het Shaik sy prokureur luidkeels beveel om "te doen wat ek jou gevra het".
Tydens teetyd was Parsee ook in 'n woordewisseling met Shaik se broers, Moe en Yunus, betrokke.
Shaik het Woensdag 'n handdoekie by hom in die hof gehad waarmee hy deurgaans sy gesig afgevee het.
Om 15:55 het hy regter Hilary Squires versoek om hom te verskoon omdat hy "te moeg" was om nog vrae te beantwoord.
Met erkenning aan Adriaan Basson en die Beeld.