Ander Rolspelers |
Publication | Beeld |
Date | 2004-10-08 |
Reporter |
Dries Liebenberg |
Web Link |
Ander Rolspelers :
Regter Hillary Squires (72), reeds uitgetree. Gaan hy die Hefer van die Shaik-hofsaak wees?
Die regspanne vir die staat, Shaik, Zuma en Thint.
105 staatsgetuies, insluitende 20 lede van die Skerpioene en verskeie mense na aan Shaik en Zuma.
'n Forensiese verslag van 250 bladsye van die ouditeursfirma KPMG, wat glo op 'n "uitgebreide finansiële verhouding" tussen Shaik en Zuma dui.
Die aanloop:
Shaik en sy maatskappye betaal tussen 1995 en 2002 nagenoeg R1,34 miljoen aan Zuma, wat hom glo telkens in 'n finansiële verknorsing bevind.
Begin 1999 skryf een van Shaik se maatskappye R1,28 miljoen hiervan af.
Shaik het Zuma effektiewelik bindgeld (retainer) betaal.
In ruil hiervoor:
Beveel Zuma 'n Maleisiese groep (Renong) in 1997 aan om Shaik se Nkobi-groep as bemagtigingsvennoot te kies vir die ontwikkeling van Durban se Punt-waterfront.
Zuma beveel Nkobi in 1999 op 'n regeringsbriefhoof aan as vennoot vir 'n ekotoerisme-skool in KwaZulu-Natal.
Zuma tree as "bemiddelaar" op tussen Shaik en Thomson-CSF (nou Thint), waarna Nkobi ingesluit word by die subkontrak vir korvet-wapenstelsels.
Beweerde omkoopgeld vir wapenondersoek:
Shaik en Thétard kom op 30 September 1999 in Durban byeen oor betaling vir Zuma.
Op 11 Maart 2000 gee Zuma 'n bevestigende teken tydens 'n ontmoeting tussen hom, Thétard en Shaik in Durban.
Jean-Paul Perrier, hoof van Thomson-CSF International, keur betalings van R500 000 p.a. goed.
Zuma skryf op 19 Januarie 2001 aan Gavin Woods, Skoor-voorsitter, dis nie nodig dat die Heath-eenheid die wapenaankope ondersoek nie.
Die betaling:
Shaik sluit in 2000 'n "diensverskafferooreenkoms" met Thétard van Thomson-CSF Africa, waarby R1 miljoen betrokke is.
Zuma moet R1,34 miljoen betaal vir die ontwikkeling van sy woning in Nkandla.
Shaik skryf aan Thétard oor Thomson-CSF nie betaal nie.
Thales (voorheen Thomson-CSF) betaal op 16 Februarie 2001 R250 000 aan Kobitech van die Nkobi-groep as diensverskafferfooi.
Op 24 Februarie 2001 betaal Kobitech drie tjeks vir R250 000 elk (twee vooruitgedateer) aan die firma Development Africa van die miljoenêr-sakeman Vivian Reddy, wat die Nkandla-ontwikkeling help finansier.
Tjeks word op 19 April 2001 gestaak.
Kobitech ontvang R175 000 op 4 September 2001.
Shaik ontvang op 4 September 2001 R125 000 van Kobitech en betaal dit die volgende dag aan Development Africa. Nog 'n tjek vir R125 000 volg op 17 September 2001.
Met erkenning aan Dries Liebenberg en die Beeld.