Publication: Die Burger Issued: Date: 2005-01-13 Reporter: Willem Jordaan Reporter:

ANC Sal Instem tot Ondersoek, Mits...

 

Publication 

Die Burger

Date

2005-01-13

Reporter

Willem Jordaan

Web Link

www.news24.com

 

Kaapstad. - Die ANC sal geen beswaar hê teen 'n parlementêre ondersoek na wysigings aan 'n voorlopige wapenondersoek van die ouditeur-generaal (OG) nie, mits dit blyk dat gronde vir só 'n ondersoek bestaan.

Só het mnr. Vincent Smith, die ANC-LP wat die ANC in die staande komitee oor openbare rekeninge lei, gister gesê.

Volgens Smith het hy in 'n radioprogram gesê dit is vanselfsprekend dat die OG aan die parlement verantwoordbaar is, en daarom kan die ANC geen beswaar hê teen 'n parlementêre ondersoek nie.

Hy het egter benadruk dat daar eers vasgestel moet word of daar gronde vir só 'n ondersoek bestaan.

Op die vraag of hy persoonlik meen sulke gronde bestaan, het Smith gesê in dié stadium "lyk dit nie so nie".

Met erkenning aan Die Burger.