Dokumente Soos dié Betrek Mbeki, Mandela |
Publication | Die Burger |
Date | 2004-10-25 |
Reporter |
Adriaan Basson |
Web Link |
27 Maart 1998: 'n Faks van mnr. Pierre Moynot aan mnr. Alain Thétard waarin hy sê Mandela sal by 'n afspraak op 26 April 1998 wees, maar hy weet nie van Mbeki nie.
8 Junie 1998: Luidens 'n nota waarvan die outeur nie bevestig kon word nie, is inligting glo van die "ministerie" in Parys bekom dat Mbeki nie goedgesind teenoor Thomson-CSF is nie weens 'n dispuut met Shaik en Zuma oor die insluiting van nuwe vennote by ADS; en dat Mbeki nie vriendelik was met die tailleur nie.
27 Junie 1998: Mnr. J.P. Perrier van Thomson-CSF se reisplan onthul hy sou Mbeki op hierdie dag ontmoet.
23 Julie 1998: 'n Handgeskrewe nota dui daarop dat probleme oor die swart bemagtiging van ADS nog nie uitgestryk is nie. Luidens die nota het "C.S." (mnr. Chippy Shaik) met Zuma gepraat en het Zuma met "T.M." (glo Mbeki) en Mandela gepraat.
18 Desember 1998: 'n Ene mnr. De Bollardiere van Thomson-CSF skryf 'n brief aan "me. Masekela" om haar te bedank vir 'n vergadering wat sy glo die vorige dag tussen "Mbeki, Perrier, Denis en De Bollardiere" gereël het.
17 Mei 1999: Thétard stuur 'n gekodeerde faks aan Perrier oor "Masekela, Ramaphosa, Mbeki en Kogl".
Met erkenning aan Adriaan Basson en Die Burger.