Publication: Beeld Issued: Date: 2005-01-11 Reporter: Reporter:

Wapenaankope

 

Publication 

Beeld

Date

2005-01-11

Reporter

Willem Jordaan

Web Link

www.news24.com

 

Pres. Thabo Mbeki kan gerus oorweging skenk aan die DA se versoek dat 'n kommissie van ondersoek ingestel word na bewerings van ongerymdhede in die regering se wapenkontrak.

Soos die geval met sulke kontrakte gewoonlik is, is daar in Suid-Afrika se wapenaankope ook tamaai bedrae geld betrokke.

Dit skep noodwendig geleenthede vir ongerymdhede en onregmatige verrykings. Die land se burgers weet dit en dit vat nie veel om hulle in sulke gevalle agterdogtig te maak nie en sulke agterdog bestaan reeds.

Die enigste manier om dit ter ruste te lê, is deur 'n geloofwaardige ondersoek en in dié stadium beteken dit waarskynlik een onafhanklik van die staat en sy amptelike organe.

So 'n ondersoek kan vir die regering 'n wen-wen-situasie wees. As daar geen ongerymdhede is nie, lyk hy goed.

As daar is, lyk hy ook goed omdat hy die moed en integriteit gehad het om dit bloot te lê.

Met erkenning aan Beeld.