Zuma se Geldsake Wawyd Oop |
Publication | Rapport |
Date | 2004-10-30 |
Reporter |
Adri Kotze |
Web Link |
Die mees intieme en persoonlike besonderhede van adj.pres. Jacob Zuma se geldsake skets 'n prentjie van 'n man wat sy kinders na eksklusiewe private skole stuur, 'n smaak het vir luukse motors en snyerspakke by 'n winkel met die naam Casanovas koop - maar ook een van 'n beweerde patroon van teruggestuurde betalings, dreig-briewe van finansiële instellings en selfs regstappe oor sy agterstallige skuld.
En hoewel dit nie Zuma is wat teregstaan in die Durbanse hoog-geregshof nie, steun die nasionale vervolgingsgesag se aanklaers sterk op dié prentjie in sy vervolging van Zuma se finansiële adviseur, mnr. Schabir Shaik, op aanklagte van bedrog en korrupsie.
Die staat voer aan daar was oor die algemeen 'n korrupte verhou-ding tussen Shaik en Zuma en dat Zuma, in ruil vir Shaik se geldelike steun, sy politieke invloed moes gebruik in die toekenning van regeringskontrakte.
Die afgelope week het mnr. Johan van der Walt, direkteur van die ouditeursfirma KPMG, wat 'n forensiese ontleding vir die vervol-gingsgesag gedoen het, getuig daar is 'n algemene patroon in Zuma se besteding.
Dié patroon dui daarop dat Zuma aanmekaar skuld aangegaan het op tye wanneer dit duidelik was dat hy nie self dié skuld sou kon terug-betaal nie.
Dít, beweer Van der Walt, het daartoe gelei dat Shaik en sy Nkobi-groep van maatskappye en ander entiteite van Oktober 1995 tot September 2002 meer as R1,2 miljoen opgedok het om Zuma se skuld en ander persoonlike uitgawes te betaal.
Daar word vermoed dat dié patroon daarna voortgeduur het.
Die slotsom waartoe Van der Walt gekom het, is dat nie een van dié betalings lenings is nie.
Shaik het vroeër in sy pleitverduideliking aangevoer hy het in 'n gebaar van vriendskap vir Zuma uitgehelp en dat hy die geld aan hom geleen het. Shaik sou glo nie rente gevra het op dié lenings nie omdat dit teen sy geloofsoor-tuigings indruis.
Maar Van der Walt sê Zuma se geldsake het eerder versleg in die tyd wat Shaik sy finansiële adviseur was. Om die waarheid te sê, het hy aangevoer, Zuma was in 'n stadium só in die knyp dat sy regeringsalaris nie eens genoeg was om die rente op sy skuld te betaal nie.
Luidens die verslag sou Zuma ook nie sy maandelikse uitgawes kon bybring nie. Dit blyk dat net sy uitgawes aan sy gewese en huidige vrouens en sy kinders veel meer as sy regeringsalaris was.
In een dokument waarop die vervolgingsgesag se ondersoekers beslag gelê het, word Zuma se salaris in 1999 aangedui as R29 100. Uitgawes van R27 820, vermoedelik vir sy vrouens of gewese vrouens, word soos volg uiteengesit:
"Gertrude" - R1 200;
"Skosozana" (vermoedelik sy gewese vrou dr. Nkosazana Dlamini-Zuma - nou minister van buitelandse sake) - R7 000;
"Kate" - R18 000;
"Persoonlik - JZuma - R1 620.
In nóg 'n dokument wat gevind is, word Zuma se bykomende uitgawes vir sy kinders en rente op 'n oortrokke rekening vir dieselfde jaar ook ingesluit. Sy algehele maandelikse uitgawes word as R66 026,67 aangedui. Dít beteken dat uitgawes wat deur bykomende inkomste gefinansier moet word glo op R36 926,67 te staan sou kom.
Luidens die verslag het Zuma se geldsake al in 1995 begin skeefloop en daarna al hoe meer benard geword. Tot in Desember 2003 het finansiële instellings na bewering debietorders en tjeks van altesame R447 000 terugverwys.
In November 1994 het Zuma 'n verband van R80 000 vir 'n woonstel in Berea, Johannesburg, by Permanent Bank gekry. Skaars twee maande later het die bank 'n aan-skrywing gestuur. Nóg aanskry-wings het oor 'n tydperk gevolg en in 'n stadium was twintig paaie-mente agterstallig.
Die verband is uiteindelik in 2000 afgelos deur drie betalings van onbekende skenkers.
In Mei 1995 het Zuma 'n verband van R400 000 by Standard Bank gekry vir 'n woonstel in Killarney, Johannesburg. Vroeg in 1997 het Standard Bank agter-stallige paaiemente van R30 000 geëis. Shaik het dit betaal, maar die paaiemente het weer agterstallig geraak. In 'n stadium het die bank aan Zuma geskryf dat sy lopende rekening wanordelik bestuur word en sy kredietkaart gekanselleer. Standard Bank het uiteindelik reg-stappe gedoen, maar ná onder-handelings en 'n paar betalings dit laat vaar. Volgens Van der Walt skuld Zuma Standard Bank steeds R386 637.
In Junie 1997 (dieselfde tyd dat Standard Bank gekla het oor hoe Zuma sy rekening bestuur) het hy 'n Mercedes-Benz E320 vir R305 000 deur WesBank gekoop. Die eerste paaiement is deur die bank terug-verwys weens onvoldoende geld. Daarna het Zuma sy betalingsoor-eenkoms tot in Januarie 1999 nagekom. Een van Shaik se maat-skappye, Kobitech, het daarna glo R50 000 in paaiemente betaal. In Maart 2000 het Zuma die kar aan Kobitech verkoop en dit is her-gefinansier. 'n Bedrag van R71 777 is luidens die verslag nog ver-skuldig. In Maart 2001 het Zuma 'n Mitsubishi Pajero 3.5 GLS van R275 257,86 deur Wesbank gekoop. Teen Desember verlede jaar was die paaiemente op dié voertuig R129 835 agterstallig.
In Augustus 1999 het Absa vir Zuma ingelig dat sy lopende rekening R16 409 en sy kredietkaart amper R5 000 oor die onderskeie oortrokke limiete is. Dié bank het later weer eens aangedui dat sy rekening op onaanvaarbare wyse bestuur word. Luidens die KPMG-verslag het Shaik in 2001 'n staat van Zuma se bates en laste aan die bank gegee, maar wat glo nie al sy skuld daarop aangedui het nie.
In April 1998 het Zuma 'n Mercedes-Benz E230 gekoop vir R243 855. Dié motor, waarop die paaiemente vroeg in 1999 agter-stallig was, was in 'n ongeluk betrokke. Die versekeringsmaat-skappy het Zuma ingelig sy polis is vroeër gekanselleer weens on-betaalde debietorders en dat sy eis nie uitbetaal sal word nie. Shaik het glo die duikkloppers net meer as R20 000 betaal.
Ook in 1999 is 'n dagvaarding vir agterstallige debietorders aan Zuma bestel. Uiteindelik is die kar glo deur 'n ander skenker betaal.
Ondanks dié en ander probleme, het Zuma besluit om vir hom 'n tradisionele tuiste by Nkandla teen R1,34 miljoen te ontwikkel. Volgens Van der Walt het die Durbanse sakeman mnr. Vivian Reddy gehelp om 'n verband van R900 000 vir dié doel te registreer en het hy teen Maart vanjaar altesame R181 757 daartoe bygedra. Boonop het R140 000 daarvoor glo van me. Nora Fakude-Nkuna en haar maat-skappy Botshabela Wheels gekom. Sy is na bewering 'n vriendin van Zuma.
'n Skenking van R50 000 van 'n onbekende bron het ook bygedra.
Die staat voer aan dat omkoop-geld van R500 000 van die Franse wapenmaatskappy Thomson-CSf ook uiteindelik vir Nkandla bestem sou wees.
Van der Walt het getuig dat Shaik en sy Nkobi-groep onder meer van Zuma se uitgawes vir sy kinders, sy vrouens, sy prokureursrekenings en sy klere by Casanovas betaal
Met erkenning aan Adri Kotzé en die Rapport.