Publication: Beeld Issued: Date: 2004-10-28 Reporter: Dries Liebenberg

Bemagtigingsfirma Skenk Glo Geld vir Zuma-Huis

 

Publication 

Beeld

Date 2004-10-28

Reporter

Dries Liebenberg

Web Link

www.news24.com

 

Durban. - 'n Swartbemagtigingsmaatskappy wat die kontrak gekry het om weermag- en polisievoertuie te herstel, het altesame R140 000 geskenk vir die ontwikkeling van adj.pres. Jacob Zuma se tradisionele tuiste van R1,34 miljoen in Zoeloeland.

Bohlabela Wheels en Fakude het tussen Augustus en Oktober 2000 in vier transaksies altesame R140 000 betaal in die rekening van die kontrakteur wat die ontwikkeling vir Zuma behartig het.

Só het mnr. Johan Van der Walt van KPMG Donderdag in die korrupsieverhoor van mnr. Schabir Shaik in die Durbanse hooggeregshof getuig.

Volgens Van der Walt het die Skerpioene by die Nkobi-kantore beslag gelę op 'n dokument waarvolgens die maatskappy Vickers die kontrak vir instandhouding van onder meer sy gepantserde voertuie in Suid-Afrika aan Bohlabela Wheels toegeken het. Me. Nora Fakude-Nkuna is die vernaamste aandeelhouer van Bohlabela Wheels. Die gepantserde voertuie wat by die kontrak betrokke is, is die weermag se Samil-vragmotors, die polisie se Casspirs en Nyalas en Scouts.

Dit is volgens Van der Walt se getuienis nie uit die maatskappy se boeke duidelik of die betalings aan Zuma se ontwikkelaar as skenkings of lenings gehanteer is nie. "Die leningsrekening van Bohlabela Wheels is onreëlmatig om die minste te sę," het Van der Walt getuig.

Met erkenning aan Dries Liebenberg en die Beeld.