Franse se Thales-naam Benadeel Ons |
Publication | Beeld |
Date |
2005-07-06 |
Reporter |
Dr. Bennie Coetzer |
Web link |
Briewe
My maatskappy word weer nadelig bë?nvloed deur die publikasie van berigte rakende die Schabir Shaik- verhoor en die daaropvolgende afdanking van adj.pres. Jacob Zuma omdat verwys word na die betrokkenheid van Thales van Frankryk.
Laasgenoemde het 'n kontrak gehad vir die gevegsuites van die korvette wat in Duitsland gebou word.
My maatskappy, Thales Gevor derde Ingenieurswese (TGI) van Johannesburg, is nie die Thales waarna verwys word in verskeie berigte rakende die Shaik-verhoor wat op 3 Junie in Beeld verskyn het en meer onlangs in die kassie by die hoofberig op die voorblad onder die opskrif ANC trek Zuma se tande (21 Junie) nie.
TGI, oftewel my maatskappy Thales, het 'n goeie reputasie en die skending van ons naam deur dié gebeure gee aanstoot. TGI se reputasie onder huidige en toekomstige kliënte word onregverdig geskaad.
TGI is in 1987 in Suid-Afrika gestig.
Ons doen ook sake in die militêre bedryf en was in die verlede 'n verskaffer van stelsels aan die Franse maatskappy Thomson-CSF, wat hulself nou ook Thales noem.
Dr. Bennie Coetzer, gesamentlike besturende direkteur, Thales Gevorderde Ingenieurswese
Met erkenning aan Dr. Bennie Coetzer en die Beeld.