Publication: Rapport
Issued:
Date: 2005-12-11
Reporter: Mandla Zulu
Reporter: Sthembiso Msomi
Reporter:
Publication |
Rapport
|
Date |
2005-12-11
|
Reporter
|
Mandla Zulu, S'thembiso
Msomi |
Web Link
|
www.news24.com
|
Johannesburg
: 'n Dag nadat mnr. Jacob Zuma aangekla is weens verkragting is daar ingebreek
in die Durbanse woonhuis van die 31-jarige klaagster. Die blyplek is omgekeer en
in chaos agtergelaat.
Vyf mans gewapen met swaarkaliber pistole en
rewolwers het Woensdagnag die erf van die viervertrek-huis in KwaMashu bestorm
en die veiligheidswag vasgebind wat die onbewoonde eiendom bewaak het.
Hulle het die kombuis via die dak binnegegaan en die huis geplunder.
Zuma het Dinsdag in die streekhof in Johannesburg op 'n aanklag van
verkragting verskyn. Hy het onskuldig gepleit en is op borgtog van R20 000
vrygelaat.
Luidens die klagstaat het die afgedankte adjunkpresident die
vrou na bewering vroeg in November genooi om in sy spoghuis in Forest Town,
Johannesburg te oornag. Zuma is 'n jare lange vriend van haar familie.
Die nag het hy na bewering na haar kamer gegaan en aangebied om haar te
masseer. Sy het gewier en volgens die klagstaat het Zuma daarna teen haar sin
seks met haar gehad.
Die polisie in KwaMashu het Vrydag bevestig dat
hulle die inbraak by die vrou se huis ondersoek. Hulle wou nie sê of die inbraak
verband hou met die verkragtingsaak nie.
KwaMashu is een van Zuma se
sterkste magsbasisse in KwaZulu-Natal. Dit het 'n hoë misdaadsyfer. Die
plaaslike polisie sê dit is nie vreemd dat roofbendes huise vandaliseer nadat
hulle dit besteel het nie.
Mnr. Fana Sikhakhane, die veiligheidswag, het
in die erf gestaan toe hy oorval is. Terwyl hy vasgbind is, het die aanvallers
vir hom gesê hulle sal hom doodmaak as hy nie stilbly nie.
Mnr. Salvern
Odeya, bestuurder van die sekuriteitsmaatskappy waar Sikhakhane werk, sê die
mans was sonder maskers en in hul middel-dertigs. Veertig polisievoertie is
later gebruik om KwaMashu se E-seksie af te sper terwyl na die verdagtes gesoek
is.
Kapt. Wiseman Mabanga, ondersoekbeampte, sê die mans het 'n aantal
items uit die huis gesteel. Bloedspatsels is op die gebreekte opwasbak gekry,
wat daarop dui dat een van die verdagtes beseer is.
Die
sekuriteitsmaatskappy het die huis begin bewaak enkele dae nadat die vrou die
klag ingedien het.
Sy en haar ma is in polisiebeskerming in 'n onbekende
plek.
With acknowledgements to Mandla Zulu,
S'thembiso
Msomi and Rapport.